Landbouweekblad

SA VOER ÁL MEER ROOIVLEIS UIT

- — CHARL VAN ROOYEN

SUID-AFRIKA se uitvoer van rooivleis het sedert 2013 aansienlik gestyg namate markte vir Suid-Afrikaanse rooivleis toeganklik word.

Die meeste verkoelde, vars vleis word na Suid-Afrika se buurlande Swaziland (24%), Mosambiek (16%) en Lesotho (15%) uitgevoer, terwyl die meeste bevrore vleis na Viëtnam (21%), Hongkong (12%) en Mosambiek (12%) gaan (sien GRAFIEK 1 en

GRAFIEK 2 ). Mnr. Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB, was ’n spreker by die onlangse Voermol-boeredag op mnr. Heinrich Bruwer, die Nasionale Beesboer van die Jaar, se plaas Lovedale, Vryburg.

Hy het gesê vleisprodu­ksie in die wêreld het tot 2015 ver bokant die verbruik uitgestyg. Baie mense het toe na hoender- en varkvleis oorgeslaan. Die verbruik van rooivleis styg nou weer en die eindvoorra­de daal.

Suid-Afrika se verbruik van beesvleis is 19 kg per kop per jaar. Dit is ’n groot uitdaging vir die rooivleisb­edryf om dit te ver- hoog. Die verbruik in Australië is 28 kg en in Amerika 25 kg per kop per jaar.

PRODUSENTE

Die grootste produsente van beesvleis ter wêreld is Amerika (11,5 miljoen ton per jaar), Brasilië (9,5 miljoen ton) en die Europese Unie (7,5 miljoen ton), terwyl die grootste uitvoerder­s Indië (2 miljoen ton), Brasilië (1,8 miljoen ton) en Australië (1,5 miljoen ton) is. Prysneigin­gs het wêreldwyd ’n goeie toename getoon, maar sal na verwagting vanjaar weer effens daal.

Suid-Afrika se rooivleis-invoer daal geleidelik danksy plaaslike produksie en ’n ooraanbod weens die droogte en die gepaardgaa­nde slag van diere uit nood. Dit het verlede jaar sowat 21 000 ton vars, verkoelde vleis en 17 000 ton bevrore vleis beloop. Toe dit weer in Suid-Afrika begin reën, het die syfers van diere wat geslag is, weer gedaal.

“Ons is in ’n langtermyn­proses om kuddes op te bou, wat drie jaar kan duur om dieselfde vlak as voor die droogte te bereik. Dit kan ’n impak op die aanbod van rooivleis hê. Die aanbod van speenkalwe­rs is ook onder druk en pryse van tot R38/kg word in dele van Suid-Afrika deur voerkrale betaal, wat weer ’n uitwerking op karkasprys­e het,” het hy gesê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa