ZIMBABWE | Mugabe dreig weer boere
Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het die afgelope week gedreig om die laaste oorblywende 73 wit kommersiële boere wat in MashonalandOos oor is, se grond aan jeugdiges te gee.
Hy het op ’n jeugbyeenkoms van Zanu PFondersteuners in Marondera gesê die vorige provinsiale minister, mnr. Ray Kaukonde, het wit boere teen uitsetting beskerm. Kaukonde is later uit ZanuPF geskors weens beweringe dat hy visepres. Joice Mujuru se pogings gesteun het om Mugabe te onttroon. Mugabe het glo op die byeenkoms gesê die wit boere se plase sal gegee word aan mense wat grond wil hê, maar dat elkeen net ’n paar hektaar sal kry omdat die bevolking toeneem.
Kenners meen Mugabe probeer jeugdiges paai wat stedelike en landbougrond eis in die aanloop tot die verkiesing volgende jaar. — AllAfrica
2