KENIA | EU-markte wink
Keniaanse avokadouitvoer het onlangs ’n goeie hupstoot gekry deurdat Global Gapsertifikate aan 12 maatskappye toegeken is. Dit bied hulle toegang tot die gesogte Europese mark. Altesaam 294 boere sal nou vars avokado’s na Europa kan uitvoer, wat beteken die uitvoermark neem met 35% toe. Die sertifikate is toegeken aan boere wat aan die vereistes vir goeie plaasbestuur en volhoubare praktyke voldoen.
Boere word aangemoedig om in groepe saam te werk om ’n beter kans te staan om die sertifisering te bekom. In die afgelope jaar het Kenia 46,7 ton vars en droëavokado’s uitgevoer.