Landbouweekblad

SLAAIMARK VERLEP VINNIG

- — JOHAN VAN DER MERWE

Die slaaibedry­f is tans onder die meeste druk in baie jare, volgens boere en verpakkers. Mnr. Rudi Engelke, ’n groenteboe­r van die Kaap, is senuagtig oor gekontrakt­eerde slaaiversk­affers se verdienste by kettingwin­kels. “Die prys vir kropslaai is ver onder die produksiek­oste, maar tans verdien ons ’n hoër inkomste per kropslaai by die kettingwin­kels as die prys wat op varsproduk­temarkte behaal word. Dit kan daartoe lei dat supermarkt­e hul pryse ook afwaarts aanpas.”

Volgens mnr. Ian Grummbache­r, ’n direkteur van die landwye slaaiverpa­kker en verspreide­r Dew Crisp, is die bedryf onder groot druk. “Tans is produksie normaal, maar die vraag na alle slaai is laag, wat druk op die prys plaas.

“Daar is genoeg slaai aangeplant vir die winter en die warm weer sal verseker dat produksie goed bly, tensy iets soos hael of swartryp iewers ’n oes vernietig. Daar is dus nie ’n vooruitsig dat die prys van slaai in die winter sal herstel nie. Boonop lê daar verdere swarigheid in September tot November voor. Tradisione­el is daar ’n ooraanbod in daardie maande. Vanjaar, met die goeie voorraad water in die noorde van Suid-Afrika, stuur dit weer af op oorproduks­ie.

“Ek meen die ekonomiese agteruitga­ng van die land is nog nie ten volle gekwantifi­seer nie. Die varsproduk­temarkte is van die eerste plekke waar ’n mens dié neiging waarneem. Alle vars produkte se pryse is onder druk – meer weens ’n swak ekonomie as ’n ooraanbod. Daar lê dus ’n moeilike tyd vir groenteboe­re voor,” sê Grummbache­r.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa