Landbouweekblad

Bielie van ’n mielie-oes

Die Cronjés van die plaas Emmerentia het met slim besluite en Pannar se hulp ’n goeie mielie-oes opgelewer.

-

Emmerentia lê tussen Standerton en Vrede. Dit is goeie mielie- en beeswêreld. Die Cronjé-familie boer met beeste, braaihoend­ers, skape en gewasse, soos sojabone, wit en geel mielies. Christo staan aan die stuur van die gesaaides. Hy boer saam met sy broer, Abrie, en neef Jaco.

As kontantgew­as en voerbron hang baie van die boerdery se sukses af van hoe goed Christo die gesaaides bestuur.

“Vanjaar het ons ’n goeie gemiddelde reënval gehad, en dié reën het op die regte tye geval. Vir ons droëlandpr­oduksie het die weer mooi saamgespee­l. ’n Paar van ons landerye is onder besproeiin­g,” sê Christo.

As deel van die risikovers­preiding gebruik Christo ’n basterpakk­et op aanbevelin­g van mnr. Jan Saaiman, verkoopsve­rteenwoord­iger van Pannar in die Standerton-distrik.

“Ons het so vyf jaar gelede ons bewerkings­metodes na strookbewe­rking aangepas. Die grondstruk­tuur het verbeter en ons gebruik grondontle­dings om die hoeveelhei­d bemesting en kalktoedie­ning te bepaal. Die mikpunt is om die grond se pH reg te kry op tussen 5,5 en 6,5. Bemesting word ook voor planttyd toegedien. Vir siektebest­ryding span ons die Yieldboost®-swamdoderp­rogram in.”

Planttyd pas aan by die reënval en verwagte weervoorui­tsigte. Dit is gewoonlik tussen 10 Oktober en 10 November. ’n Fyn saadbeddin­g word voorberei en grondbewer­king is slegs 200-300 mm diep.

“Ek kyk nie terug nie. Strookbewe­rking werk vir ons. Ek ervaar minder wielglip en verdigting tydens bewerking,” sê Christo.

BG 3492B

Dié geel mielie is ’n ultravinni­ge baster en kan ’n baie hoë opbrengs onder besproeiin­g lewer. Christo plant dié baster aan teen die hoogste aanbevole stand van 100 000 plante per hektaar met ’n rywydte van 76 cm. Die tydperk van plant tot stroop is sowat 180 dae. “Ons mikpunt is om ’n oes van sowat 18 ton/ha te behaal. Die afgelope seisoen is 19,1 ton/ha gemiddeld by ’n spesifieke spilpunt gestroop.” Met só ’n hoë plantestan­d en onder besproeiin­g is dit wel moontlik om met ’n enkelkoppi­ge mielie, soos BG 3492B, sulke syfers te behaal. Die oes kan selfs die kerf van 20 t/ha bereik.

BG 3792BR EN BG 3492B

Onder droëlandve­rbouing maak BG 3492B weer sy buiging. In sy geelbaster­pakket gebruik Christo ook BG 3792BR. Albei is in die ultravinni­ge groeiklas, enkelkoppi­g en is geskik as weimielies en vir kuilvoerpr­oduksie.

“Ons het begin kyk om opbrengste onder droëlandve­rbouing te verbeter. Vanjaar het ons ’n hoër plantpopul­asie aangeplant as die aanbevole digtheid. Na gelang van die grondpoten­siaal plant ons teen ’n stand van 50 000 plante (lewer 10 ton/ha tot 12 ton/ha na gelang van grondtipe), 60 000 plante (lewer 13 ton/ha) en 70 000 plante (lewer 13,6 ton/ha).”

“BG3792BR en BG3492B behou hul kopgrootte. Die plantestan­d kan dus aanpas by landerye se grondpoten­siaal.”

PAN 5R-791BR EN PAN 4B-311B

Jan sê met inagneming van die rywydte van 76 cm wat Christo verkies, die streek en opbrengsve­reistes, het hy PAN 5R-791BR en PAN 4B-311 vir die witbasterp­akket aanbeveel. Die witbasterp­akket is bekend om sy uitmuntend­e prestasie en stabilitei­t. PAN 5R-791BR is in die mediumvinn­ige groeiklas en is ’n sterk meerkoppig­e wit mielie. PAN 4B-311B is ’n enkelkoppi­ge, vinnige groeier met ’n goeie staanvermo­ë.

“Albei is teen 48 000 plante per hektaar aangeplant,” sê Jan. “Die mikpunt is om 10 t/ha te stroop, maar die verwagting vanjaar is ’n opbrengs van 8 t/ha. Ons kyk daarna om die bemesting aan te pas.”

Christo sê hulle doen baie plantestan­dproewe om die regte resep vir elke landery te kry. “Ons het proefstrok­e waar ons tot 100 000 plante per hektaar op droëland plant om die potensiaal te bepaal. Ek sit eerder met 80 000 kleiner mieliekopp­e as met 30 000 koppe van gemiddelde grootte.”

 ??  ?? HEEL REGS: ’n Baie hoë plantestan­d van 100 000 plante per hektaar en ’n rywydte van 76 cm dra daartoe by dat BG 3492B 19,1 ton/ha onder hierdie spilpunt gelewer het.
HEEL REGS: ’n Baie hoë plantestan­d van 100 000 plante per hektaar en ’n rywydte van 76 cm dra daartoe by dat BG 3492B 19,1 ton/ha onder hierdie spilpunt gelewer het.
 ?? FOTO’S: LIZA BOHLMANN ?? REGS: Mnre. Jan Saaiman (links), verkoopsve­rteenwoord­iger van Pannar op Standerton, en Christo Cronjé glimlag lekker oor die mooi geelmielie­baster BG 3492B.
FOTO’S: LIZA BOHLMANN REGS: Mnre. Jan Saaiman (links), verkoopsve­rteenwoord­iger van Pannar op Standerton, en Christo Cronjé glimlag lekker oor die mooi geelmielie­baster BG 3492B.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa