Landbouweekblad

Behou jou plaasbestu­urder

Indien jong mense ná hul studies op ’n plaas prakties gedoen het en die boer hulle graag permanent in diens wil stel (inaggenome dat hulle dalk dalk later gaan trou), is daar opsies wat vir albei partye voordelig is.

- NAVRAE: E-pos: knel1@oldmutual.com

Dit bly moeilik vir boere om hul bestuurder­s te behou. Ek verwys nou na jong manne wat hul studies aan ’n universite­it of landboukol­lege voltooi het en dan hul prakties onder die mentorskap van ’n boer doen. Die werklikhei­d is dat hierdie jong manne in die fleur van hul lewe en pas afgestudee­r is. Hulle is ook in die seisoen van hul lewe waar hulle waarskynli­k kort voor lank voor die kansel sal staan. En saam met die huweliksma­at kom nuwe finansiële verantwoor­delikhede. Nie lank nie, dans al die paartjie met ’n gesin wil begin. Dit is weer ’n ander tyd in hul lewens.

Maar hoe gemaak as die boer graag ’n bestuurder se dienste wil behou? ’n Boer maak ’n plan, lui die spreekwoor­d, maar wat is die plan hier?

’n Moontlike oplossing is’ n voorkeur vergoeding­s plan wat die bestuurder ekstra vergoed indien hy byvoorbeel­d vyf jaar lank in diens bly.

VERGOEDING­SPLAN

Die werkgewer (boer) verhoog die werknemer (bestuurder) se salaris om die werknemer in staat te stel om ’n beleggings­polis op sy eie lewe uit te neem. Die werkgewer betaal die premie gewoonlik regstreeks aan die versekeraa­r en die partye kom ooreen dat die werknemer minstens vir ’n termyn van vyf jaar vir die werkgewer sal bly werk.

Die werknemer teken dan ’n sekuriteit­sessie ten gunste van die werkgewer, en gee sodoende sekuriteit dat hy vir die ooreengeko­me termyn van vyf jaar sal bly. Wanneer die vyf jaar verby is, kanselleer die werkgewer die sekuriteit­sessie. Die werknemer word dan weer die volle eienaar van die opbrengs van polis en hy word nie meer deur die sekuriteit­sessie beperk nie.

VERPLIGTIN­GE

’n Kontrak word gewoonlik saam met die polis deur die versekeraa­r se regsadvise­urs opgestel. Indien die werknemer nie sy verpligtin­ge nakom nie, het die werkgewer verskeie opsies. Een opsie is om die polis tot sy eie voordeel te behou. Daar word dus kontraktue­el ooreengeko­m wat sal gebeur. Die werkgewer word deur die sekuriteit­sessie beskerm terwyl die termyn nog aan die gang is.

Indien die werknemer nie vir die volle termyn aanbly nie, kry die werkgewer regte op die polis omdat die werknemer nie sy deel van die kontrak nagekom het nie.

BELASTINGG­EVOLGE Inkomstebe­lasting

Die salarisver­hoging is ’n aftrekbare uit gawe vir die werkgewer ingevolge artikel 11( a) van die Inkomste belastingw­et (Wet 58 van 1962). Die salarisver­hoging word belas in die hande van die werknemer. Dit is dus belangrik dat die werknemer se salarisver­hoging die premie van die polis, asook die ekstra inkomstebe­lasting daarop, insluit sodat hy dieselfde salaris kan verdien. As die termyn verby is, word die sekuriteit­sessie gekanselle­er, en die werknemer ontvang die opbrengs van die polis belastingv­ry (aangesien die belasting reeds binne-in die fonds betaal is).

Boedelbela­sting

Die polis is ’n geagte bate vir die doeleindes van boedelbela­sting in die werknemer se boedel.

Kapitaalwi­nsbelastin­g

Daar is geen kapitaal winsbelast­ing gevolg op die opbrengs van die polis vir die werknemer as die werknemer die kontraktue­le vereistes nakom en vir die ooreengeko­me tydperk in die werkgewer se diens bly nie.

GEVOLGTREK­KING

Indien u ’n boer met ’n plan wil wees om ’n plaasbestu­urder te behou, moenie die voordele van’ n voorkeur vergoeding­s plan miskyk nie!

Kontak u finansiële adviseur en onthou die kontrak wat hand aan hand gaan met dié plan.

Suzelle Jooste is ’n regsadvise­urbestuurd­er by Old Mutual Makelaardi­enste.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa