Landbouweekblad

Angus gesels

Bid meer en kla minder

- ANGUS BUCHAN

Toe ons onlangs Paastyd gevier het, was ons van twee dinge bewus: Jesus Christus het op Goeie Vrydag vir ons sondes gesterf en hy het op Paassondag in ál sy glorie weer uit die dood opgestaan.

Die Here het my dit swaar op die hart gelê dat ek optimistie­s en ’n man van geloof moet wees wanneer dit by die landbou kom. Ons lees in Romeine 8:11: “Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.”

Dis nou tyd om ernstig aan ons geloof te bou. Romeine 10:17 sê: “Die geloof kom dus deur die prediking wat ’n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondigi­ng van Christus.” Ons kan nie bekostig om nié deur geloof te leef en te werk nie, want dit is hoe ons God tevrede stel. ’n Tyd gelede het ons gesien hoe die land verdroog en mense het gesê dit sal ’n paar jaar duur voordat die Vaaldam weer vol is. Wel, nie lank daarna nie het die Vaaldam oorgeloop. Dit is hoe God met sy mag wonderwerk­e laat gebeur.

Ons moet die glas beskou as half vol en nie half leeg nie. Baie van ons is só pessimisti­es dat die duiwel nie eens werk het nie. Ons moet wegbly van pessimisti­ese mense. Dis ’n duidelike boodskap aan jong boere. Ons het ’n vars houding nodig as ons hier gaan bly en moet deur die oë van geloof kyk. Terwyl ek deur die land reis en ongeloofli­ke mielie-oeste, mooi veld en diere sien, kan ek God net weer eens bedank vir sy goedheid.

Ons moet meer bid en minder kla. Onlangs het ’n miljoen Suid-Afrikaners saamgekom om te bid. Onthou Rom. 8:31: “God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?”

Bid elke oggend en aand saam met jou gesin; bid daagliks saam met jou personeel. Dit sal nie net jou eie houding en gesondheid verander nie,maar ook die plaas s’n.

God seën julle.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa