Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

IS grondhervo­rming die beste manier om welvaart te skep vir diegene wat histories verontreg is? Dink aan die wêreld se snelgroeie­ndste maatskappy­e, soos Airbnb: Dit is die wêreld se grootste diens wat verblyf verskaf sonder om enige eiendom te besit. Vir Airbnb en baie ander sogenoemde eenhoring-maatskappy­e wat ongeloofli­ke welvaart vir hul stigters en aandeelhou­ers geskep het, is dit nie grond of fisieke eiendom wat welvaart skep nie, maar wetenskap en tegnologie.

Prof. Alois Mlambo van die Universite­it van Pretoria het op ’n onlangse beraad met die tema “Decolonisi­ng Africa” by die Universite­it van die Vrystaat gesê Indië en China – wat albei gekolonise­er was – groei nie vinniger as 5% omdat hulle grond herverdeel het nie; hulle gedy omdat hulle wetenskap en tegnologie omarm het.

In die akademiese jaar 2015-’16 het 328 547 Chinese studente in Amerika gestudeer, maar net 1 813 Suid-Afrikaners. (As jy bevolkings­grootte in ag neem, het sewe keer meer Chinese as Suid-Afrikaners daar gestudeer.) Uit Suid-Korea, wat omtrent dieselfde grootte bevolking as Suid-Afrika het, het 61 007 studente in 2015-’16 in Amerika gestudeer – 33 keer meer as Suid-Afrika.

Hoe sou ’n herverspre­idingsbele­id lyk wat wetenskap en tegnologie ernstig opneem? Die meeste van ons sal saamstem dat onderwys deurslagge­wend is, maar die Suid-Afrikaanse onderwysst­elsel het die afgelope dekade nie veel vordering gemaak nie, en dis onwaarskyn­lik dat dit in die komende dekade sal gebeur.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa