Landbouweekblad

BOERE VRA HULP

-

Geagte medeboere, my naam is Warren Bright en ons hoof- uitvoerend­e beampte is mnr. Charles Groves. Ons ondernemin­g, Bright Berries, is ernstig geraak deur die brande wat talle huise en plase in en om Knysna vernietig het en sewe lewens geëis het. Ons buurman en sy gesin is ook in die brande oorlede.

Die werklikhei­d van dié vernietigi­ng het nou ingesink. Ons moet letterlik van voor af begin op ons plaas van 20 ha. Al ons bessieboss­e is erg beskadig, buitegebou is vernietig, besproeing­spype het gesmelt, elektriese bedrading na pompe en besproeiin­g werk nie, plaastoeru­sting is vernietig en ons kwekery met saailinge, skadunette en hidroponie­se tonnels is tot niet.

Die rede vir my brief is dat ons met die ondersteun­ing van ander mense ons plaas sal kan herbou. Ons hoop dat die boere wat hierdie brief lees, ons sal kan help met toerusting en hulpmiddel­s wat hulle nie tans produktief gebruik nie. Ons behoefte is só groot, julle sal verbaas wees oor hoe enige klein stuk toerusting, ekstra besproeiin­gspype of ekstra plantjies ons sal help om ons ondernemin­g te herstel.

Ons vertrou dat julle die versoek sal oorweeg en dit in jul hartse sal vind om ons te help. Kontak Charles by e-pos:

charles@brightberr­ies.co.za of sel 082 709 7195 of myself by e-pos: warren@brightberr­ies.

co.za of sel 082 901 9479. WARREN BRIGHT Elandskraa­l, Knysna

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa