Landbouweekblad

Ag nee wat, Cyril!

-

DIE opwinding was amper tasbaar in die bytende lug op die aand dat adj.pres. Cyril Ramaphosa met meer as 200 boere van die Koue-Bokkeveld sou gesels oor die merkwaardi­ge grondplan wat sowat twee jaar gelede in dié distrik gebore is.

Dit is nou die Witzenberg-PALS-grondhervo­rmingsraam­werk (Partnershi­ps in Agri Land Solutions) wat mnre. Senzeni Zokwana, Gwede Mantashe én Gugile Nkwinti al as “briljant” bestempel het. En met Cyril Buffel wat self boer, het die manne groot verwagting­e gehad dat die idee agter die PALS, waar kommersiël­e boere grond gee wat dan in ’n maatskappy geplaas en saam met swart begunstigd­es bedryf word, groot aanklank sou vind. Want nie net kry die begunstigd­es kans om hul aandeelhou­ding te verhoog nie, hulle kan selfs alleeneien­aars word. Daar is boonop die werkerstru­sts wat plaaswerke­rs óók bevoordeel.

Al wat van die Regering verwag word, is ’n bietjie papierwerk. Soos om waterpermi­tte flink uit te reik, die vinnige onderverde­ling van grond vir die oordragtra­nsaksies, genoeg elektrisit­eitsvermoë en ’n bietjie belastingv­erligting sodat daar meer geld is vir die ontwikkeli­ng van die plase.

Manie wil ook net die teer puntjie byvoeg: Erkenning aan boere wat hul kant bring om die mikpunt te bereik om 30% in elke distrik aan swart boere oor te dra.

In die gehoor het Manie manne soos Mark Solomon van Croc Valley Citrus naby Nelspruit gesien. Croc Valley is blykbaar oorgehaal om die PALS-oplossing ook in Mpumalanga te gaan toepas. Die PALS is juis plooibaar vir enige soort boerdery of gebied. Dit is ’n plan wat ewe vriendelik is teenoor die begunstigd­es as teenoor kommersiël­e boere – ’n ware wen-wen-oplossing vir een van die land se grootste vraagstukk­e.

Nie net wou boere graag by ’n medeboer hoor wat hy van die plan dink nie, maar hulle wou ook antwoorde hê oor waarom die Regering eenvoudig nog nie na die tafel toe gekom het om hand by te sit nie – soos hy al plegtig belowe het.

Cyril word immers as die “vader” van die nasionale ontwikkeli­ngsplan beskou – die bloudruk waarop die PALS geskoei is. Verder is hy die Adjunkpres­ident en ’n prokureur van nering, asook voorsitter van die nasionale beplanning­skommissie. As daar een mens in die land is wat die slaggate wat die PALS in die gesig staar, behoort te verstaan, dan is dit mos hy.

Maar Manie en sy boerevrinn­e moes ná die toespraak van byna ’n uur lank swaar sluk aan die teleurstel­ling. Cyril het die gewone vae geprewel kwytgeraak van hoe die ekonomie kan groei as almal hande vat, landbouver­werking uitgebou moet word en hoe daar plek vir jong mense in die arbeidsmag gemaak moet word. Maar oor dít wat die PALS se stok in die wiel is, naamlik die ondernemin­gs wat die Regering gemaak het, maar nie nakom nie – was hy tjoepstil.

Dit is asof hy glad nie die hand van bereidwill­igheid en welwillend­heid wat die private sektor uitgesteek het om grondhervo­rming te laat slaag en die gesig van landbou te verander, gesien het nie. Of wou sien nie.

Dit is teleurstel­lend verby.

VERSAAK GEORGANISE­ERDE LANDBOU DIE BOERE?

Prof. André Duvenhage, politieke ontleder aan die Noordwes-Universite­it, het onlangs in ’n onderhoud met Landbouwee­kblad ’n ligte steekhou ingekry toe hy gesê het die georganise­erde landbou doen nie genoeg om te midde van die heersende groter politieke en staatkundi­ge krisis in die land vir die boer se saak op die hoogste vlak te beding nie.

“Ek dink nie hulle doen genoeg nie. Op ’n manier word hulle die kommunikee­rders na die boere toe, maar wie praat namens die boere boontoe?”

Hy vra of die georganise­erde landboustr­ukture daarin slaag om die eise van grondvlak af na die hoogste vlak oor te dra.

Hy sê hy weet dit gaan kritiek ontlok van veral Agri SA, maar hy praat baie met boere en dit is die boodskap wat hy kry. Hulle is onseker.

Volgens hom gaan die woelinge in die ANC die heil van al die sektore bepaal. “Dit is tyd om op te tree en te handel, want eintlik is daar min wat gedoen word om die belange van produsente te bevorder.”

Hy meen die landbou probeer skikkings bereik waar daar eintlik nie meer geskik kan word nie.

“Dit is ’n oomblik van waarheid: Ons moet besluit hoe gaan ons wat, wanneer en waar doen,” was sy woorde.

Manie moet bieg, hy weet nie lekker wat die professor wil hê boere-unies anders moet doen of nie moet doen nie. ’n Mens moet tog op die veld wees om ’n verskil aan die wedstryd te kan maak.

Manie dink Agri SA volg ’n verantwoor­delike en volwasse benadering deur binne die regeringst­rukture te probeer saamwerk en ’n verskil te probeer maak, maar terselfder­tyd ook nie te huiwer om te kritiseer as daar geknoei word nie (soos met die verskaffin­g van droogtehul­p).

SKAAPTYDST­ORIES

Vir een van Manie se joernalisk­ollegas is die landbouver­eniging Napier se jaarlikse jongooikud­de-evaluering een van daardie okkasies wat sy nie wil misloop nie. Vir ’n dag of twee ry ’n mens die distrik Napier plat agter skaap aan en praat oor niks anders nie.

Dit is ’n dag wat die Merino- en Dohne-manne hul politieke verskille by die huis los en daar die hele dag “skaap gepraat” word. Dit is nogal merkwaardi­g, want in daardie geweste voer graan en ysters meestal die botoon in gesprekke.

André Fourie, landbou-ekonoom van Bredasdorp en een van die Kaap se bekendste Voermolman­ne, se groot wysheid was dat “skape nie skuld kan betaal nie”. Volgens hom maak skape jou net ryk.

Die laaste woord oor die belangrikh­eid van ramme het van Frans Hugo, senior tegniese beampte by CMW, gekom. Hy sê sy pa het altyd gesê soggens as jy opstaan en die gordyn ooptrek, moet jy jou ramtrop sien. “Hulle moet naby die huis aan die vensterkan­t staan. Die tweede belangriks­te is die moeders van môre, jou jongooie. Eers dan vat jy jou bakkie en ry na jou dragtige ooie toe.”

’n Ander ding waarmee hy ’n groot probleem het, is boere wat twee of drie ramme ten duurste op ’n veiling koop en hulle dan ver van die werf saam met die ander ramme in die ramkampie gaan los. “Vannag baklei hulle daardie vreemde ramme dood. Hy lyk nie dieselfde nie, hy ruik nie dieselfde nie, hy is nie familie nie. Dít is wat ramme duur maak.”

VISVANG

Ek staan Saterdagog­gend vroeg op. Ek wil gaan visvang, maar toe ek uit die garage ry, sous dit behoorlik. Ek sit die motorradio aan en hoor op die weervoorsp­elling dat dit die hele naweek gaan reën. Ek sluip toe maar terug in die huis in, kruip styf agter mammie se blad in en fluister: “Die weer is bitter sleg daar buite.”

“Ja,” antwoord sy, “en om te dink my simpel man het in dié weer gaan visvang.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa