Landbouweekblad

KEER IS DIE ENIGSTE VERWEER

Honderde duisende hoenders is teen druktyd van kant gemaak om die verspreidi­ng van hoogs aansteekli­ke voëlgriep te stuit. JOYLENE VAN WYK en CARIEN KRUGER berig.

-

BOERE moet nóóit dink hul biosekerhe­idstelsel is goed genoeg nie, sê mnr. Kevin Lovell, uitvoerend­e hoof van die SA Pluimveeve­reniging en lid van ’n internasio­nale groep van voëlgriepk­enners, ná die gevreesde H5N8voëlgr­iep op ’n eierplaas en braaihoend­erteelplaa­s uitgebreek het ( KASSIE ).

“Daar is altyd iets wat jy kan verbeter. ’n Mens kan wilde voëls nie keer om te vlieg nie. Al wat jy kan doen, is om die kanse vir besmetting van jou hoenders te minimalise­er.”

Die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye het wilde voëls bestempel as “reservoirs” van voëlgriepv­irusse wat gewoonlik die siektes in hul asemhaling­stelsel en dermkanaal dra. Die siekte word tussen voëls oorgedra deur regstreeks­e kont ak van siek voëls se asemhaling­stelsel en ontlasting. Verder word dit ook oorgedra deur besmette water, voer en besmette voorwerpe, soos toerusting, mense se klere en skoene, en voertuie. Voëls toon drie tot vyf dae ná besmetting tekens van die siekte.

MAATREËLS

Om die verspreidi­ng van die siekte te keer, is ’n landwye verbod eers op die verkoop van lewende, uitgediend­e lêhenne en hane geplaas, maar dit is intussen vervang met ’n stel voorwaarde­s vir verkopers en verkopers van meer as vyf sulke hoenders. Lovell sê dié spesifieke virusstam neig om ouer voëls meer aan te tas.

Dr. Mike Modisane, hoofdirekt­eur van diereprodu­ksie en gesondheid by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, het aan die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landbou, bosbou en visserye gesê produsente van vrylopende hoenders is ná die uitbreking in Zimbabwe gevra om liefs hul pluimvee onder dak te bring.

Modisane sê een van die grootste probleme is om te keer dat “die man wat die hoenders van sy bakkie verkoop” die siekte versprei.

Volgens hom is vrylopende hoenders in gemeenskap­pe waar daarmee handel gedryf word, ’n groot probleem. Hy sê die SA Nasionale Weermag, SA Polisiedie­ns en verkeersow­erhede gaan help toesien dat beheermaat­reëls nagekom word.

BLY VEILIG

Die departemen­t beveel die volgende biosekerhe­idsmaatreë­ls aan: Beperk toegang tot plase; niemand wat in die afgelope 48 uur met pluimvee kontak gehad het, word toegelaat nie. Ontsmet alle voertuie wat by plase in en uitry. Voorkom beweging van klere, stewels, toerusting en enige ander materiaal wat die virus na ander hoenderhui­se en plase kan versprei. Hoendermis moet op die perseel begrawe en met kalk bedek word. Ontsmettin­gsmiddels, soos glutaralde­hied, is doeltreffe­nd teen die voëlgriepv­irus. Voorkom waterpoele op plase om te keer dat wilde voëls en hoenders dieselfde water drink. Vrylopende hoenders se voer en water moet binnenshui­s gegee word of minstens onder ’n lae, soliede dak. Meld enige toename in vrektes onmiddelli­k by die staatsveea­rts aan. Beperk die getal werkers by vermoedeli­k besmette hoenderhui­se of plase. Toegewysde personeel moet verkieslik nie in kontak kom met werkers by onbesmette huise en plase nie.

RISIKO EN KOSTE

Lovell sê mismonster­s gaan van wilde voëls by die land se belangriks­te damme geneem word om te bepaal waar die grootste risiko’s is.

Hy sê daar is nie versekerin­gsprodukte teen voëlgriep nie. Boere moet self die koste dra van hoenders wat aan die siekte vrek, maar vir die hoenders wat deur die staat van kant gemaak word, sal daar na verwagting vergoeding wees, hoewel die bedrag nog onseker is.

Die Europese Unie (EU) sal volgens Modisane steeds behandelde volstruisv­leis uit SuidAfrika invoer.

Modisane, ook voorsitter van die vergaderin­g van afgevaardi­gdes van die internasio­nale organisasi­e vir dieregeson­dheid (OIE), het self met die EUkommissa­ris daaroor gepraat.

“Volstruisv­leis wat gekook is om die virus onaktief te maak, kan steeds verkoop word.”

Daar is ’n verbod op die uitvoer van onverwerkt­e volstruise­n hoendervle­is.

Lovell sê SuidAfrika voer hoenderpro­dukte hoofsaakli­k na sy buurlande uit en verlede jaar was dit slegs sowat 3,7% van totale plaaslike produksie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa