Landbouweekblad

SOJA SKITTER

- – MARLEEN SMITH

SUID-AFRIKA se nasionale sojaboonoe­s kan volgens die jongste amptelike raming 1,34 miljoen ton behaal, die grootste in die geskiedeni­s.

Die vorige rekord-sojaboonoe­s was 1,07 miljoen ton, wat in 2015 van die lande gehaal is. Verlede jaar is net 742 000 ton sojabone weens die droogte verbou.

Vanjaar se skitterend­e oes beteken Suid-Afrika kan ’n netto uitvoerder van sojabone word, sê mnr. Wandile Sihlobo, ekonoom by die landbou-sakekamer Agbiz.

Hy meen die uitvoer van sojabone kan hierdie bemarkings­eisoen 30 000 ton haal, maar wys daarop dat Suid-Afrika steeds ’n netto invoerder van sojaboon-oliekoek en -olie is.

Die Oesskattin­gskomitee het in sy jongste raming die verwagte sojaboonoe­s met amper 9% vanaf sy Mei-skatting verhoog. Dit word hoofsaakli­k aan uitgebreid­e aanplantin­gs en groter opbrengste as wat aanvanklik verwag is, toegeskryf.

Die jongste verwagte gemiddelde opbrengs is 2,34 ton per

ha. Die beraamde aanplantin­gs is 573 950 ha wat 14% meer as verlede jaar is.

ÁL MEER SOJA

Dit vorm deel van ’n jare lange neiging waarin Suid-Afrikaanse mielie-hektare met soja-aanplantin­gs vervang word, soortgelyk aan wat in Amerika aan die gebeur is.

Die Proteïenna­vorsingsti­gting (PNS) meen Suid-Afrikaanse soja-aanplantin­gs kan teen 2020 1 miljoen ha haal, die gemiddelde opbrengs 2,5 ton per ha en die nasionale oes 2,5 miljoen ton.

Sihlobo sê die verhoogde sojaboonpr­oduksie word deur ’n sterk vraag in die veevoermar­k

aangedryf, wat op sy beurt deur die plaaslike groeiende middelklas se behoefte aan proteïen aangevuur word.

Die Oesskattin­gskomitee het die verwagte mielie-oes onverander­d op 15,631 miljoen ton gelaat, met ’n verwagte gemiddelde opbrengs van net onder 6 ton per ha. Dit is ook ’n nuwe rekord sedert 1981 se 15,03 miljoen ton, toe die gemiddelde opbrengs 3,05 ton per ha was.

Die sonnebloms­aadoes is met amper 4% tot 821 970 ton verminder. Die verwagte nasionale opbrengs is 1,29 ton per ha.

Die verwagte grondboono­es is met amper 5% tot 90 550 ton verhoog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa