Landbouweekblad

VEEARTSFOR­UM SIT HAND BY OOR HARTWATER-ENTSTOF

- – GERRIT BEZUIDENHO­UT en JOYLENE VAN WYK

DIT is belaglik dat dit langer as drie maande duur om ’n veeartseny­kundige middel te registreer as al die dokumente ter stawing van die produk in orde is, sê dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die Nasionale Dieregeson­dheidsforu­m (NAHF).

Tog kon die forum ondanks gereelde vergaderin­gs met Onderstepo­ort Biologiese Produkte (OBP) en die Landbounav­orsingsraa­d se instituut vir veeartseny­kunde nog nie vasstel of die registrasi­eproses die rede is vir die vertraagde kommersial­isering van die OBP se hartwater-entstof nie.

Die forum het ’n komitee op die been gebring om die produksie van die entstof te bespoedig. Hy beoog om studente van die Universite­it van Pretoria te betrek om daarmee te help.

BOKHAAR

Vervoort het gewaarsku dat hartwater in ’n groot probleem ontaard – veral in dele van die land waar dit nooit voorheen voorgekom het nie. Die grootste probleem is in die Oos-Kaap, waar die Sybokhaart­elersveren­iging groot verliese weens dié siekte aangeteken het. Dié vereniging was ook een van die eerste organisasi­es wat reeds in 2012 geld bewillig het vir die ontwikkeli­ng van ’n hartwater-entstof.

“Ons kan dus nie vyf jaar wag vir die entstof nie. Dit moet so gou moontlik in produksie gestel word,” sê hy.

Mnr. Cas Breedt, voorsitter

van Noordwes se dieregeson­dheidsforu­m, het gesê dele van dié provinsie loop ook reeds deur onder hartwater. “Boere koop dan twee of drie bokse antibiotik­a en spuit hul diere elke maand in. Dit kan nie so aangaan nie,” het hy gesê.

‘GEE OBP KANS’

Daar is reeds bemoedigen­de tekens dat die OBP aan die verbeter is, het dr. John Adam van die SA Veterinêre Raad (SAVR) aan die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landbou, bosbou

en visserye gesê. Hy sê die OBP se nuwe struktuur moet ’n kans gegun word om te bewys dat hy sy werk behoorlik kan doen.

Hy sê die raad was beïndruk met die OBP se reaksie ná ’n onlangse uitbreking van slapsiekte, ’n geslagsiek­te by perde, toe die maatskappy kon help met ’n behandelin­gsmiddel wat kortgekom het.

“Ons kon na die nuwe OBP gaan en met hom praat en hy het die probleem vir ons opgelos.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa