Landbouweekblad

Appletiser kan produksie verdubbel

- — LISA LOTTERING

DIE bekende Appletiser-aanleg op Grabouw sal na verwagting sy jaarlikse produksie teen Oktober kan verdubbel ná hy in die koeldrankm­aatskappy Coca-Cola Beverages SA se voorsienin­gsketting geïntegree­r is.

Buiten die vonkel-vrugtesap, soos Appletiser en Grapetiser, waarvoor Appletiser SA bekend is, gaan dié aanleg nou ook ander Coca-Cola-produkte vervaardig.

Dit volg ná ’n samesmelti­ng van die Coca-Cola Company met ’n deel van SABMiller en Gutsche Family Investment­s in Mei verlede jaar. Die nuwe entiteit heet Coca-Cola Beverages SA (CCBSA).

Die Regering het streng voorwaarde­s aan dié transaksie gekoppel. Minstens 80% van die appels, pere, druiwe en ander vrugte wat in sapkonsent­raat gebruik word, moet plaaslik verbou word. Sedert die samesmelti­ng in Mei verlede jaar het Appletiser se kontraktue­le verpligtin­g om plaaslike druiwe vir sy Grapetiser-produk te gebruik, van 11% tot 43% gestyg. Dit sal in komende jare aanhou styg.

Verder moet die maatskappy minstens 20% swart aandeelhou­ding hê, geen werkgeleen­thede afstaan nie en boere en ander verskaffer­s help ontwikkel. Mnr. Velaphi Ratshefola, besturende direkteur van CCBSA, sê die plan is om produksie te verhoog en produkte na die res van Afrika uit te voer.

Twee nuwe swart aandeelhou­ers is op ‘n bekendstel­lingsgelee­ntheid aan mnr. Ebrahim Patel, Minister van Ekonomiese Ontwikkeli­ng, voorgestel. Hulle is die African Pioneer-groep, wat 17,5% aandeelhou­ding in Appletiser SA gekoop het, en mnr. Sipho Madlala, wat vir 20 jaar reeds by die maatskappy verbonde is en ’n 4%-aandeel bekom het.

Patel het op dié geleenthei­d benadruk dat die tekort aan swart boere omgekeer moet word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa