Landbouweekblad

NUWE KORINGTARI­EF BRING SOET ÉN SUUR

- — AMELIA GENIS

’N TARIEF van R947,21 per ton op ingevoerde koring is op 23 Junie afgekondig. Dit is ’n verlaging van R242,98/t teenoor die vorige tarief van R1 190,19/t.

Die aankondigi­ng volg op ’n hersiening van die manier waarop die tarief bereken is, soos deur die Minister van Finansies in April 2016 aangevra.

Volgens Perspektie­f, Graan SA se weeklikse nuusbrief, moes dié organisasi­e weer met ’n regsproses begin om die koringtari­ef af te dwing.

Die veranderli­ke formule bly van toepassing, maar twee van die veranderli­kes, die verwysings­prys en wisselkoer­s, is aangepas. Die verwysings­prys is verlaag van $294/t tot $279/t. Om voorsienin­g te maak vir die uitwerking van inflasie of ongunstige wisselkoer­sskommelin­ge gaan die Kommissie vir Internasio­nale Handelsadm­inistrasie (Itac) voortaan die reële effektiewe wisselkoer­sindeks gebruik, soos dit deur die Suid-Afrikaanse Reserweban­k bekend gemaak is.

Perspektie­f van 23 Junie meld die tarief kan in die nabye toekoms afwaarts aangepas word weens internasio­nale prysstygin­gs.

‘GEMENGDE GEVOELENS’

Mnr. Andries Theron, voorsitter van die Suid-Afrikaanse agentskap vir kultivar- en tegnologie-ontwikkeli­ng (Sacta) en boer van Moorreesbu­rg, sê hy het gemengde gevoelens oor die tarief. “Ek is bitter dankbaar dat die tarief daar is, ek is gemaklik met die vlak van die tarief en verlig dat die veranderli­ke formule behou het.”

Hoewel hy bly is dat Itac nie toegegee het aan versoeke dat die gemiddelde wisselkoer­s oor vyf of tien jaar in die berekening van die tarief gebruik word nie, is dit jammer dat boere nou reeds met die wisselkoer­s ‘beboet’ word.

‘Die tarief kan in die nabye toekoms afwaarts aangepas word weens internasio­nale prysstygin­gs.’

Hy meen die indekswaar­de moes een wees vir hierdie ronde en kan daarna aangepas word.

Hy dink nie mense besef regtig in watter benarde posisie boere in die koringsaai­gebiede is nie. Hy beskou dit as ’n tragedie dat die koringbedr­yf in Suid-Afrika oorleef op veranderli­kes buite die landbou, soos die tarief op ingevoerde koring, wisselkoer­s en die feit dat die invoerpari­teitsprys geld omdat die land ’n netto invoerder van koring is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa