Landbouweekblad

Droogte-impak is verreikend

- CARIEN KRUGER

AS die droogte in die Wes-Kaap nie gou gebreek word nie, kan dit die langtermyn­groei van die provinsial­e en nasionale ekonomie benadeel.

Só sê mnr. Dawie Maree, inligting-en-bemarkings­hoof by FNB Landbou.

Die provinsie is ’n groot uitvoerder van landboupro­dukte, soos sagtevrugt­e, wyn en toenemend sitrus.

Die landbou dra sowat 4% tot die bruto binnelands­e produk (BBP) van die Wes-Kaap by en dié provinsie 24% tot die nasionale BBP.

Maree sê die landbou en voed- selverwerk­ing sorg vir 18% van die provinsie se werkgeleen­thede en die droogte gaan seisoenale werkgeleen­thede in die vrugtebedr­yf erg raak.

Die eerste kwartaal van vanjaar se 215 000 werknemers in die Wes-Kaapse landbousek­tor was 14,2% minder as in die vorige kwartaal, en 5,9% minder as ’n jaar gelede.

Ofskoon Suid-Afrika ’n netto-invoerder van koring is, bestaan die moontlikhe­id dat laer koringopbr­engste in dié provinsie groter koring-invoer sal noodsaak, wat koringprys­e kan laat styg. –

HOOP VIR VEEBOERE

Agri Wes-Kaap samel nog onverpoos veevoer en geldelike skenkings in vir boere wat gebuk gaan onder droogte, asook vir Suid-Kaapse boere wat hul weiveld in verlede maand se wegholbran­d verloor het. Dié vrag veevoeris deur boere van die Stanford-omgewing in die Overberg geskenk en is kort voor druktyd in die Koo en die Plettenber­gbaai-omgewing afgelaai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa