Landbouweekblad

CRADOCK-WENNER HAAL WEER 23 T/HA

- — THEUNS BOTHA

Mnr. Wouter Heyns van die plaas Uplands by Cradock is vanjaar se wenner in die suidelike streek in die 20 ton-klub-mieliekomp­etisie van Cradock Saadverspr­eiders.

Sy opbrengs van 23,05 t/ha is net effens minder as die nasionale rekord van 23,92 t/ha wat verlede jaar deur mnr. Erich Cloete van die plaas Sanctuary in dieselfde distrik opgestel is. Die naaswenner is mnr. Zirk Scheepers (foto links) van die plaas Wonderkop, Cradock, wat 22,98 t/ha geoes het. Scheepers was drie jaar gelede die algehele wenner met ’n opbrengs van 22,5 t/ha.

Mnr. Dirk Visser (middel), eienaar van Cradock Saadverspr­eiders, het by die oorhandigi­ng van die pryse op 24 Junie gesê sedert die kompetisie vier jaar gelede ingestel is, het dit ’n groot bydrae gelewer om beter opbrengste te behaal.

“Boere wat daaraan deelneem, het hul grond- en boerderypr­aktyke aangepas om ’n volhoubare boerdery van hoë opbrengste met die minimum insette te verkry.”

In die noordelike streek was mnr. Hendrik Bloem (regs) van die Kroon-boerdery by Colesberg die wenner met ’n opbrengs van 20,34 t/ha. Die naaswenner was mnr. Izak van der Merwe van die plaas Bo-Kransfonte­in, ook by Colesberg, wat 19,65 t/ha geoes het.

Die twee streekwenn­ers het elk R40 000 gewen en die naaswenner­s R20 000.

Visser sê die prestasie is in ’n moeilike produksiej­aar behaal, aangesien die hitte-eenhede hoog was en dit baie droog was, met reën wat eers laat in Januarie en Februarie uitgesak het.

Die kompetisie word aanstaande jaar vir die laaste keer aangebied.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa