Landbouweekblad

BOKHAAR | Lae pryse kry boere nie onder

- — THEUNS BOTHA

Kom wat wil, hardkoppig­e boere sal aanhou om bokhaar te lewer, want op elke Karooplaas is daar ’n leegte met doringbome.

Só het mnr. Andries Greeff, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Sybokhaark­wekersvere­niging (SASKV), sy medeboere in sy voorsitter­srede op die vereniging se onlangse jaarkongre­s op Graaff-Reinet bemoedig.

Hy het verwys na die daling van 24% in die prys van bokhaar gedurende die winterseis­oen. Ofskoon pryse marginaal in die somerseiso­en verbeter het tot R190,30/kg, spook boere met ’n ernstige droogte wat produksie reeds met 8% laat tuimel het.

Volgens Greeff was verlede jaar se prysregste­lling op die mark baie groter as verwag. “Dit het álmal — produsente, kopers en makelaars — onverhoeds betrap en ons het almal geld verloor. Die voer van bokke om hulle in produksie te hou, het boere se kontantvlo­ei onder verdere druk geplaas. Ofskoon dit bemoedigen­d is dat die prys van grootbokha­ar gestabilis­eer het, is die prys van kleinbokki­ehaar nog gans te laag.”

Greeff het ’n beroep op sy medeboere gedoen om nie handdoek in te gooi nie. As hulle neerslagti­g raak, moet hulle met mekaar praat. “Praat met jou vrou, jou buurman, enigiemand. Doen meer as hoor — luister. Doen meer as praat — sê iets vir mekaar. Die reën sal weer kom en daarmee saam sukses.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa