Landbouweekblad

WOL | Beurs ‘sal nie tot prysmanipu­lasie lei’

-

Vrese dat die termynkont­rak vir Merinowol op die JSE, wat onlangs deur Cape Wools bekend gestel is, tot prysmanipu­lasie van dié vesel kan lei, is in wolgeleder­e besweer.

Dit volg nadat mnr. Petrus de Wet, ’n voormalige voorsitter van die Nasionale Wolkwekers­vereniging (NWKV), op Facebook sy kommer uitspreek het dat die afgeleide instrument op die JSE om wolboere teen markskomme­linge te verskans, ’n geleenthei­d vir prysmanipu­lasie kan skep.

De Wet wou ook weet of Cape Wools voor die aankondigi­ng die hulp van kundiges ingeroep het om te bepaal of die termynkont­rak in belang van wolboere is en of die NWKV vooraf oor die besluit geraadplee­g is.

Mnr. Guillau du Toit, voorsitter van die NWKV, erken dié organisasi­e is nie vooraf geraadplee­g nie. “Dit was ’n besluit van Cape Wools wat op die NWKV se onlangse jaarkongre­s in Port Elizabeth bekend gemaak is. Ons gaan ’n onafhankli­ke konsultant nader om ’n ingeligte mening oor dié saak te gee.”

Hy sê die NWKV sal sy lede volledig oor die werking van die termynkont­rak inlig en oplei.

Mnr. George de Kok, voorsitter van Cape Wools, het gesê omdat wol nie fisiek op die beurs sal verhandel nie, sal dit geen nadelige invloed op wolpryse hê nie. Dit is slegs ’n afgeleide instrument wat op Cape Wools se markaanwys­er gegrond is.

“Die produk is dus nie ’n bemarkings­geleenthei­d vir boere of wolkopers nie, maar bloot ’n instrument om hulle teen prysskomme­linge te verskans.”

Mnr. Paul Lynch, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Wol- en Bokhaarkop­ersverenig­ing (Sawamba), sê omdat die Merino-mark- aanwyser uit 85 verskillen­de tipes wol saamgestel word, sal dit moeilik wees om die weeklikse beweging daarvan te manipuleer. “Om dit wel te kan doen, sal ál die maatskappy­e wat by wolverhand­eling betrokke is, moet saamspan. Dit is totaal ondenkbaar.” — THEUNS BOTHA

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa