Landbouweekblad

BUITELAND SIEN SA DALK AS ‘GEVALLE ENGEL’

- — CARIEN KRUGER

SUID-AFRIKA lyk steeds vir buitelands­e beleggers “interessan­t” ondanks kredietafg­raderings, sy tegniese ekonomiese resessie en die kabinetsko­mmeling vroeër vanjaar.

Mnr. Lesiba Mothata, hoofekonoo­m van Investment Solutions, het op die AVI Africaplui­mveekonfer­ensie gesê buitelande­rs het ’n beter siening van Suid-Afrika as wat Suid-Afrikaners self het.

Om te verstaan hoekom die rand ondanks terugslae nog verbasend sterk is, moet ’n mens onthou dat opbrengs op beleggings in die ontwikkeld­e wêreld laag tot negatief is. Daarom kyk buitelands­e beleggers na staatseffe­kte en aandelebel­eggings in opkomende markte.

Vergeleke met Rusland, Brasilië en China lyk Suid-Afrika interessan­t, het Mothata gesê. Suid-Afrika se goeie fisieke en institusio­nele infrastruk­tuur kan nie oornag vernietig word nie.

Hy het gesê beleggers beskou sekere lande wat deur graderings­agentskapp­e afgegradee­r is, as “gevalle engele” wat die vermoë het om te reageer en terug te bons. “Miskien het hulle (beleggers) aan Suid-Afrika ’n olyftak gebied en dink aan ons as ’n gevalle engel.”

RENTEKOERS

Van die 23 lande wat Standard & Poor tot nie-beleggings­tatus afgegradee­r het, het net agt daar- in geslaag om beleggings­tatus te herwin.

Dit het hulle gemiddeld ses jaar gekos, maar Suid-Korea het dit binne een jaar reggekry. Suid-Korea, Colombia, Roemenië en Hongarye het almal resessies gehad, maar kon daarin slaag om ekonomiese groei te stimuleer.

Mothata het gesê dalende inflasie kom in baie afgegradee­rde lande voor. In Suid-Afrika bied dit aan die Reserweban­k ruimte om die rentekoers te verlaag, maar hy verwag nie dat die bank dit nou sal doen nie omdat miljarde rande die land kan uitvloei as verdere afgraderin­gs volg.

Intussen het die afgraderin­gs reeds die koste van kapitaal in die land laat styg omdat banke hul kliënte se kredietgeh­alte weer beoordeel. “Sake-ondernemin­gs vind dat hulle meer rente moet betaal wanneer hulle skuld het,” sê hy.

Mothata het gesê ’n styging van sowat 1% word in die koste van kapitaal verwag.

WAT SA KAN DOEN

Hy is egter optimistie­s dat SuidAfrika ’n ommekeer kan maak. Een van die belangriks­te stappe is volgens hom om waarborge aan staatsonde­rnemings te beperk. Dis juis een van die dinge wat Suid-Korea reg gedoen het: geen reddingsbo­eie aan sukkelende banke of ondernemin­gs.

Verder moet die troebel politieke situasie opgelos word en die land moet sy vervaardig­ingen landbousek­tor stimuleer om te groei omdat albei ’n groot vermenigvu­ldigingswe­rking het.

Mothata het gesê die land moet sy ekonomie weg van die groot metropole diversifis­eer en aan die ontwikkeli­ng van ekonomiese sones by stede, soos Nelspruit en Polokwane, aandag gee.

‘Sake-ondernemin­gs vind dat hulle meer rente moet betaal wanneer hulle skuld het.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa