Landbouweekblad

STADIG MET DIE SUURLEMOEN­E

- — JASPER RAATS

DIE Suid-Afrikaanse Sitruskwek­ersverenig­ing (CGA) se suurlemoen­fokusgroep is bekommerd oor die skerp toename in suurlemoen­aanplantin­gs en waarsku dat daar teen die huidige koers ’n ooraanbod op die wêreldmark kan ontstaan.

Mnr. Justin Chadwick, voorsitter van die CGA, sê Suid-Afrika lewer tans omtrent 17 miljoen kartonhoue­rs (15 kg) suurlemoen­e per jaar. Verskeie opnames in die bedryf wys dat hierdie produksie oor die volgende vyf tot sewe jaar tot tussen 25 miljoen en 30 miljoen kartonhoue­rs gaan styg.

Chadwick sê ’n groot deel van hierdie groei is te danke aan aanplantin­gs in die Wes-Kaap waar sommige wynboere tans wingerde omskakel in sitrus. Baie van hulle plant suurlemoen­e aan.

Hy wys daarop dat dit nie net Suid-Afrika is wat al hoe meer suurlemoen­e aanplant nie en sê selfs die Noordelike Halfrond se nuwe aanplantin­gs kan bydra tot ’n oorvol mark.

“Hoewel ons seisoene vir sitrusprod­uksie nie oorvleuel nie, kan ’n mens suurlemoen­e byna deur die hele jaar lewer en ons moet dus selfs in die Noordelike somer met boere daar meeding.”

Die CGA beveel aan dat boere hul aanplantin­gs van suurlemoe- ne teen die agtergrond van hierdie statistiek­e oorweeg.

Mnr. Piet Engelbrech­t van Piet Citrus in Limpopo sê dit maak nou eerder sin om lemoene aan te plant. “Dit gaan nie baat om boorde te vestig wat ’n mens vyf jaar lank geld kos en dan moet jy jou suurlemoen­e teen ’n verlies verkoop wanneer jou bome in produksie kom nie,” sê hy.

“Mense gaan nie sommer meer suurlemoen­e begin eet nie, maar na lemoene is daar altyd ’n vraag.”

 ?? FOTO: THEUNS BOTHA ??
FOTO: THEUNS BOTHA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa