Landbouweekblad

VAT 90% REGTIG DIE GELD?

- — JOYLENE VAN WYK

GEGEWE die hektare en aantal begunstigd­es wat by grondeise in landelike gebiede betrokke is, waar mense eerder grond as geld vra, is daar ’n kans dat meer begunstigd­es van restitusie-eise op herverdeel­de grond woon as wat daar begunstigd­es is wat geldelike vergoeding ontvang.

Só redeneer me. Nomfundo Gobodo, hoof-grondeisek­ommissaris. Sy het verlede week aan die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming gesê die kommissie vir die herstel van grondregte wil self kyk na die aannames wat pres. Jacob Zuma en mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, rondgooi. Hulle sê begunstigd­es het eintlik eerder hul oog op geldelike vergoeding as grond.

Dit kom nadat die Regering voorheen aangedui het dat geldelike vergoeding by meer as 90% van die eise wat deurgevoer word, verkies is.

Nkwinti het verlede jaar ook aangedui dat dié neiging blykbaar voortduur, met 94% van die 143 720 voornemend­e nuwe eisers wat reeds aangedui het dat hulle finansiële vergoeding wil hê.

Gobodo meen die kwessie van grond teenoor vergoeding word verkeerd geïnterpre­teer, en verduideli­k dat die kommissie baie stedelike eise in die Wes-Kaap herstel. Een huurarbeid­er eis byvoorbeel­d geldelike vergoeding vir 60 m2, terwyl een landelike gemeenskap (met heelwat meer begunstigd­es) in Mpumalanga se eis 54 plase kan wees.

AKKURAAT

“Dit is waar dat 90% van die eise deur finansiële vergoeding afgehandel word,” sê Gobodo. “Maar wanneer jy kyk na die aantal hektare wat vir een gemeenskap in ’n landelike eis bekom word teenoor die hoeveelhei­d geldelike vergoeding­s vir ’n stedelike gebied, kom jy agter dat die vergelykin­g van finansiële vergoeding teenoor die herstel van grond nie akkuraat reflekteer word nie.”

Die kommissie het al sy teikens vir die vierde kwartaal van die boekjaar 2016-’17 bereik.

 ??  ?? Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, en me. Nomfundo Gobodo, hoof-grondeisek­ommissaris.
Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, en me. Nomfundo Gobodo, hoof-grondeisek­ommissaris.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa