Landbouweekblad

ZEBEDIELA | Werkers soek glo prokureur se bloed

- — JASPER RAATS

Mnr. Tumi Mokwena, die omstrede prokureurs­vriend van mnr. Julius Malema, EFF-leier, het glo vir sy lewe gevrees toe omtrent 500 ontstoke plaaswerke­rs van die sitrusland­goed Zebediela in Limpopo in opstand gekom het.

Mokwena is aangekla van poging tot moord nadat hy op van die werkers geskiet het en vier van hulle gewond is. Hy het van die toneel gevlug en is later by sy praktyk in Polokwane in hegtenis geneem.

Die landdrosho­f op Thabamoopo het tydens Mokwena se aansoek om borgtog aangehoor dat hy gevoel het hy moes homself verdedig teen oproerige werkers wat glo oor hul lone ontevrede was. Hy is op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Mokwena het by Zebediela betrokke geraak tydens ’n geskil tussen die Bjatladi-gemeenskap en Henly Farming, hul eertydse strategies­e vennoot in die boerdery.

Daar is reeds sedert verlede jaar ontevreden­heid oor die landgoed se finansies nadat Mokwena betrokke geraak het.

Mnr. Peter Mashishi, voorsitter van die landbou-en-voedselwer­kersunie FAWU in Limpopo, het ná afloop van die aansoek om borgtog gesê Zebediela-sitruswerk­ers se gees is gedemp nadat borgtog aan Mokwena toegestaan is.

“Mense kan nie glo hy word vrygelaat nadat hy vier van hulle geskiet en gewond het nie,” het hy gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa