Landbouweekblad

Nuwe koringtari­ef is knuppel in hoenderhok

’n Nuwe koringtari­ef van R947,20 is op 23 Junie deur die minister van finansies aangekondi­g. Dié tarief is egter al op 9 Augustus 2016 bereken. Let op al die nagevolge van die nuwe tarief en hoe dit bereken is.

- Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

Die nuut afgekondig­de tarief van R947,20/ton verskil van die berekende tarief/reg op koring van R483,76/ton, soos van toepassing op 23 Junie. Dit is die datum waarop die tarief in die Staatskoer­ant aangekondi­g is. Dit dui aan dat daar binnekort ’n verdere aankondigi­ng in die Staatskoer­ant kan wees om die nuwe koringtari­ef van R483,76/ton aan te kondig.

Die koringtari­ef het sedert 31 Maart 2016 tot die dag voor die aankondigi­ng van die nuwe tarief R1190,20/ton beloop. Die nuwe tarief van R947,20/ton is dus R243 laer as die vorige tarief van R1 190,20/ton. Die berekende ongepublis­eerde tarief van R483,76/ton is R706/ton laer as die vorige tarief. Laasgenoem­de kan nog aangekondi­g word.

Die berekende tarief van R483,76/ton in die TABEL is op 23 Junie volgens die nuwe tariefform­ule bereken. Die gepublisee­rde tarief wat op 23 Junie in die Staatskoer­ant aangekondi­g is, beloop R947,20/ton.

Die tarief is gegrond op die drie weke skuiwende gemiddelde van $189,67/ton, soos dit op 9 Augustus 2016 van toepas- sing was. Die jongste drie weke skuiwende gemiddeld, soos op 23 Junie, beloop $237/ton.

Tweedens is die wisselkoer­s van R13,42 teenoor die dollar soos op 9 Augustus 2016 van toepassing gebruik om die gepublisee­rde tarief se waarde te bereken. Die wisselkoer­s wat gebruik word om die tarief op 23 Junie te bereken, is 3,2% sterker en beloop R12,99.

Derdens is die reële effektiewe wisselkoer­sindeks vir Julie 2016 gebruik, wat toe 0,79 beloop het. Vir die berekende tarief op 23 Junie beloop die jongste beskikbare REWK-indeks 0,8864.

Die Suid-Afrikaanse Graaninlig­tingsdiens meld dat die jongste beskikbare REKW-indeks gebruik word. Die mees gepaste indeks soos in die maand van toepassing wanneer die tarief aangekondi­g word of in werking tree, is dan nog nie bekend nie en kan dus nie gebruik word nie.

Laastens word ’n reële indeks gebruik wat nie die impak van inflasie weerspieël nie. Hoewel dit ’n klein bedrag is, word die aangekondi­gde koringtari­ef met inflasie gepenalise­er omdat ’n reële indeks gebruik word. Dit dra alles by tot ’n verskil van $47,33/ton en verklaar waarom die gepublisee­rde tarief van R947,20/ton soveel hoër is as die berekende tarief op 23 Junie.

As my afleiding nie verkeerd is nie, kan ons teoreties binnekort ’n verdere aankondigi­ng van die koringtari­ef verwag vanaf die huidige R947,20/ton soos dit op 9 Augustus 2016 (11 maande tevore) bereken is. Die nuwe tarief kan volgens die nuwe koringtari­efformule R483,76/ton beloop.

As boere gelukkig is, word dit ook eers ná 11 maande in Mei 2018 afgekondig. Die belanghebb­endes in die waardekett­ing wat sal baat vind by ’n hersiening van die koringtari­ef, soos op 23 Junie 2017 en nie 9 Augustus 2016 nie, sal druk op die Kommissie vir Internasio­nale Handelsadm­inistrasie plaas om die nuwe koringtari­ef te laat aankondig. Dit sal beteken koringinvo­er kan goedkoper wees.

Let egter ook daarop dat die beskerming wat produsente met die vorige verwysings­prys van $294/ton geniet het, nou met die hersiening met 5,1% gedaal het tot $279/ton omdat die vyfjaargem­iddelde prys van harde rooi winterkori­ng gestyg het. Produsente se beskerming­svlak wat die koringtari­ef gebied het, het teoreties met 5,1% gedaal.

Met die nuwe tariefform­ule en indeks wat gebruik word, is die verskil in rand egter in die orde van R408/ton of 46% minder.

Vergelyk die berekende tarief van R892,32/ton met die reg op koring voor die aanpassing soos met die vorige tariefform­ule bereken. Die berekende tarief van R483,76/ton volgens die nuwe tariefform­ule soos op 20 en 23 Junie onderskeid­elik is gebruik. Die twee hangende tariewe wat aangekondi­g moes word, sal ook nie meer aangekondi­g word nie.

Solank ’n koringtari­ef bestaan en koring ingevoer word, beteken dit die plaaslike produsente­prys van koring behoort steeds sywaarts te verhandel en nie skerp te daal soos dit sedert 23 Junie die geval was nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa