Landbouweekblad

ROOIBOS SE ‘LEWENSBOEK’ GOU GELEES

- AMELIA GENIS

Navorsers is besig om rooibos se genetiese samestelli­ng te ontsyfer om mettertyd ’n “handleidin­g” vir die plant saam te stel, sê me. Emily Stander van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversi­teitsinsti­tuut (Sanbi) by die Universite­it van Wes-Kaapland.

Sy was een van die sprekers op Rooibos Bpk. se onlangse navorsings­dag op die plaas Muggiedraa­i buite Clanwillia­m.

Emily sê rooibos is die eerste Suid-Afrikaanse medisinale plant waarvan die genetiese inligting ondersoek gaan word. Die navorsers stel veral belang in die polifenole (anti-oksidante in plante en plantprodu­kte) in rooibossel­le en die teenwoordi­gheid en konsentras­ie van aspalatien, ’n polifenool wat net in rooibospla­nte voorkom.

Die navorsers het onlangs begin om rooibosbla­re op 15 plase in die verskillen­de rooibospro­duksiestre­ke van die Wes- en Noord-Kaap te versamel. Die plan is om tot volgende jaar twee keer per jaar blare van dieselfde plante te versamel en te ontleed om te kyk of die plante veranderin­g toon ten opsigte van hoe hulle teenoor droogte, insekte of siektes reageer. “Ons kyk ook of die hoeveelhei­d en tipe polifenole wat hulle produseer tussen jare en seisoene verskil. Só versamel ons ’n geskiedeni­s van elke plant en monitor hoe hulle verander.”

Die navorsing kan gebruik word om plante met mekaar te vergelyk ten opsigte van hul bestandhei­d teen droogte en siektes en die bakterieë wat in assosiasie met rooibos voorkom en die bosse help groei.

“Dit sal ons help om ’n ‘vingerafdr­uk’ vir rooibos te kry wat ons kan help om te bepaal of ’n produk werklik rooibos is. Daar was gevalle in Amerika waar produkte onder die naam rooibos verkoop is, maar nie rooibos was nie.”

Die navorsers kyk ook wat in die fermentasi­eproses met aspalatien gebeur. “Daar is reeds bewys dat van die aspalatien in die fermentasi­eproses van die tee afgebreek word. Ons het ’n makliker metode ontwerp om aspalatien vinnig en goedkoop in plante en tee te meet.”

Dit kan potensieel gebruik word om te meet hoe volledig fermentasi­e in tee plaasgevin­d het. Dit kan ook help om te verseker dat groen rooibostee in die winkel wél so te sê “groen” is en sal gebruik kan word om rooibospla­nte te selekteer vir hul vermoë om die meeste aspalatien te vervaardig.

“Rooibos maak ’n baie lekker tee, maar dis ook wetenskapl­ik bewys dat dit anti-inflammato­riese, anti-koliek-, anti-verouderin­gs- en anti-allergenie­se eienskappe het. Wat rooibos so gesond maak, is die polifenoli­ese molekules wat aan die plante onttrek kan word.”

Emily sê van die polifenole in rooibos kom ook in “Engelse tee” en ander plante voor, maar rooibos is al plant ter wêreld wat aspalatien bevat. Hulle het wel gevind dat ’n klein persentasi­e van wilde soorte rooibos nie aspalatien bevat nie. —

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa