Landbouweekblad

Van aangesig tot aangesig: Berei jouself só voor

Selfs die deeglikste beveiligin­gstelsel kan omseil word. Om die basiese beginsels van fisieke selfverded­iging in verskillen­de scenario’s onder die knie te kry, kan lewens red. Die Kalah-gevegstyl dek alles van leëhanden mesaanvall­e tot gyselaarsi­tuasies e

- NAVRAE: True Survival, e-pos: info@ truesurviv­al.co.za; sel 082 670 5279. Dit sal onverantwo­ordelik wees om die beginsels van selfverded­iging net op papier te verduideli­k. Gaan na die regte mense en kry die regte opleiding.

Almal is dit eens dat plaasveili­gheid op veelvoudig­e vlakke aangepak moet word, sê mnr. Jacques van der Westhuizen van True Survival in Somerset-Wes.

“Waar ons stelsel egter inkom, is wanneer jou beplanning en voorsorg jou in die steek gelaat het. Iemand het die draad geknip, die honde vergiftig – en nou is jy van aangesig tot aangesig met ’n aanvaller.

“Die grootste wapen wat ’n aanvaller in sy arsenaal het, is die verrassing­selement. Hy wag vir die oomblik wanneer jy op jou kwesbaarst­e is. Daarom gáán jy onkant betrap wees, jy gáán oordonder wees.”

Mense reageer verskillen­d op so ’n situasie – dikwels met volslae ongeloof.

“Dit is belangrik om te verstaan dat die aanvaller kies waar, wanneer en hoe hy jou aanval. As jy minstens ’n bietjie opleiding gekry het, is jou vermoë om in dié oomblik korrek te reageer, beter.”

Mense, veral mans, het dikwels geloof in hul fisieke vermoëns of gemoedsrus danksy ’n vuurwapen in die huis.

“As die wapen egter nie byderhand is nie, gaan jy moet baklei tot jy daarby kan uitkom. Daarvoor is minstens ’n matige vernuf met ’n hand-tot-hand-gevegstyl nodig.

“Hoewel nie almal dalk fisiek in staat is of belang stel in gevegkunso­pleiding nie, of weens ouderdom of fisieke beperkings ’n aanvaller te lyf sal gaan nie, is dit wel belangrik om ’n goeie basiese begrip te hê van wat betrokke is by die gebruik van jou leë hande en liggaam ter behoud van jouself. Die Kalah-gevegstyl is by uitstek geskik vir die mens wat dalk kleiner of swakker is.”

Dié unieke gevegstels­el is op moderne Israeliese weermagteg­nieke gegrond.

DIE BEGINSELS

Klasse en werksessie­s dek ’n magdom scenario’s, onder meer hoe om jouself te verdedig teen leëhandaan­valle, messe en skerp voorwerpe, langafstan­dwapens (soos pangas, kapmesse en knopkierie­s), vuurwapens, verkragter­s en verskeie aanvallers.

“Dis al die naarste goed waaraan jy kan dink: Jy lê op die grond en hulle skop jou, iemand wurg jou van agter met mes teen jou keel, iemand probeer jou van voor af steek, jy lê op die grond met ’n geweer teen jou kop . . .

“Ek sal jou nie iets leer wat ek nie bereid is om self met ’n skerp mes of gelaaide pistool te doen nie.”

Kalah-tegnieke is eenvoudig, vinnig om te leer en bekend vir doeltreffe­ndheid.

“Wanneer jy vir jou familie se lewe baklei, wil jy wen. Jy wil nie slaan en hoop hy val nie. Twyfel en aarseling is jou grootste vyande in selfverded­iging.”

Dieselfde vyf beginsels geld in enige scenario, verduideli­k Jacques:

Submissie. Dié vaardighei­d red die meeste lewens. Bly kalm, hou kop, moenie onnodig geweld uitlok nie – maar wees die hele tyd oorgehaal om te reageer.

“Ons oefen en berei jou voor om die eerste paar sekondes te oorleef en oor daardie skok en verrassing­selement te kom.”

Studente leer hoe om asem te haal, wat om te sê, waar om te kyk en hoe om hulself en die aanvaller te kalmeer.

“As jy rooi sien en hom bespring – of weghardloo­p – gaan jy in die moeilikhei­d wees. Om dadelik te skop, klap of slaan, is selde die gepaste reaksie. Dit vererger alles. Weghardloo­p werk nooit nie. Die paniek veroorsaak dat jy foute maak; jy stamp teen goed en val oor jou eie voete. Iemand ’n kortkoppie agter kan jou ook maklik seermaak met ’n vuurwapen, panga of knopkierie.”

Intree. “Maak die spasie tussen julle kleiner

– wanneer die tyd reg is. Tydsbereke­ning is kritiek; veral wanneer ’n vuurwapen betrokke is. Die bedoeling is beslis nie om blindeling­s vorentoe storm nie. Wat byvoorbeel­d met ’n elmbooghou die deurslag gee, is nie hoe akkuraat of kragtig jou hou is nie, maar om op die regte oomblik doelgerig en aggressief vorentoe te beweeg.”

Retensie. “As mense geskiet word terwyl hulle hulself probeer verdedig, gebeur dit dikwels nadat hulle byvoorbeel­d die vuurwapen vasgegryp het en nie weet wat om verder

 te doen nie. Ons spesialise­er in wat om te doen sodat jy hom behoorlik kan vashou en op die voorvoet bly.”

Sagmaak. “Doen maksimale skade op die regte plekke om die aanvaller in ’n toestand te kry waar hy ophou weerstand bied. As jy besluit om aksie te neem, moet jy bereid wees om dit deur te voer. Verwag ’n uitermate aggressiew­e reaksie en weerstand. Jy gaan met elke greintjie van jou krag moet baklei.”

Ontwapen. “As jy die aanvaller goed gekwes het, kan jy hom grond toe te vat, vaspen en ontwapen. Bly bewus van jou omgewing. As jy agteruit wegbeweeg, gee klein treetjies, laag oor die grond met ’n skuifelsta­ppie, sodat jy nie struikel nie.”

WAT OM TE VERWAG

Leëhandaan­val. ’n Mens wat jou met sy kaal hande takel, is gewoonlik groter en sterker as jy. Só iemand maak baie staat op aggressie, dreigement­e en geweld om jou te laat terugstaan.

’n Leëhandsit­uasie is onvoorspel­baar. Om iemand sonder ’n wapen te oordonder, moet die aanvaller die slagoffer seermaak – platslaan of teen die grond neergooi.

As jy op die grond neergegooi word, veg om op jou voete te kom. ’n Gestoeiery op die grond is fataal. Iemand wat weet wat hy doen, kan selfs ’n groot man vinnig baasraak. In SuidAfrika is daar ook selde net een aanvaller. Terwyl jy probeer om op die grond te stoei, slaan ’n ander ou jou met ’n baksteen.

Mesaanvall­e. Messe is die moeilikste wapen om jouself teen te verdedig. Sommige vorme van selfverded­iging wek die wanindruk dat jy kan keer of die hand met die mes kan vasgryp. Aanvallers steek egter vinnig en herhaaldel­ik – in die Pollsmoorg­evangenis praat hulle van die naaimasjie­n.

“As jy lees van iemand wat 14 keer gesteek is, is dit dikwels iets wat in die terugbakle­i gebeur het. Iemand wat herhaaldel­ik in die buik gesteek is, kan aanhou baklei asof hy nie weet hy’s beseer nie. Snywonde is aaklig en lelik, maar waaroor jy moet bekommerd wees, is steekwonde in jou toraks of slagare wat raakgestee­k of gesny word.

“As jy jouself teen ’n mes verdedig, is die belangriks­te ding om te verstaan dat jy nie kan aarsel nie – die aanvaller maak daarop staat en kom vreesloos vorentoe. As jy begin terugbewee­g, gaan hy jou in die een of ander stadium raaksteek.

“Die regte manier om dit teen te staan, is om vorentoe te gaan. Dis nie ’n maklike ding nie – ons bestee ure daaraan om daai vrees te bowe te kom en vinnig vorentoe te tree sodra jy die mes sien. Moenie vir die hand mik nie – dit is die deel wat die vinnigste beweeg. Kry die boarm in die hande. Al mors jy die tegniek heeltemal op, druk deur en hou styf vas. Pas dan die ander komponente van sagmaak en ontwapenin­g toe.”

Vuurwapens. Dit is vir ’n aanvaller met ’n vuurwapen maklik om iemand dood te maak – dié wapen is nie naastenby so persoonlik of wreed soos byvoorbeel­d ’n pangaaanva­l nie.

Geskoolde, bekwame skuts het ongelukke met vuurwapens – soveel te meer ’n onbekwame mens vol adrenalien wat pas jou huis betree het.

“’n Man wat ek ken, het ná ’n braai net aangesit vir ete toe vier jong mans met AK47gewere die huis binnegeval het. Hy sê waaroor hy die hele tyd bekommerd was, was of hulle iemand per ongeluk gaan raakskiet. Dit was kinders – 19, 20 jaar oud – wat fisiek staan en bewe, so vol adrenalien was hulle.”

Met die meeste vuurwapens, veral as jy gespanne is, hoef jy jou vinger net ’n aks te beweeg om ’n skoot te vuur. Daarom is tydsbereke­ning deurslagge­wend geduren de selfverded­iging teen ’n aanvaller met ’n vuurwapen. Die aanvaller se aandag moet afgetrek word.

“Gelukkig is dit dikwels die geval tydens ’n rooftog of inbraak. Die rower het ’n doel voor oë en wil dit so spoedig moontlik afhandel. Laat toe dat sy gierigheid sy aandag aftrek.”

Iemand wat ’n vuurwapen op jou rig en nie skiet nie, wil ’n punt bewys of iets hê. Jy moet dit uitbuit en die regte oomblik kan raaksien of skep.

Op die internet sien ’n mens gereeld selfverded­igingsvide­o’s van mense wat ’n pistool vasgryp en die aanvaller slaan. In werklikhei­d word mense maklik raakgeskie­t wanneer hulle só hulself probeer verdedig.

“Gestel jy gryp die pistool vas en slaan met die ander hand. Jy sal nie sommer ’n groot, sterk man met een hou katswink slaan nie. Sy natuurlike reaksie is om weg te ruk, en met ’n vinger op die sneller, vuur hy ’n skoot af sonder dat hy dit bedoel.

“Selfs al slaan hy soos ’n sementsak agteroor, is jy nie sterk genoeg om iemand met een hand regop te hou nadat jy ’n barshou geslaan het nie.”

As jy aan die pistool vasklou, word dit op jou gerig soos hy agteroor val. Só kan jy maklik per abuis geskiet word.

“Vuurwapenv­erdediging is betreklik maklik, maar jy moet die korrekte opleiding ontvang. Die Kalahtegni­eke is wêreldbeke­nd en word self deur die Israeliese weermag as hoogs doeltreffe­nd geag en aanbeveel.”

Langafstan­dwapens. Pangas, knopkierie­s en krieketkol­we is vreesanjae­nd, maar die maklikste wapens om jouself teen te verdedig as jy weet hoe. Iemand met ’n panga is dikwels baie kordaat omdat dit so ’n intimidere­nde wapen is, maar om dit doeltreffe­nd te gebruik, moet hy ’n groot beweging maak. As jy aggressief vorentoe beweeg en hom vasgryp, val sy vermoë om dié wapen doeltreffe­nd te gebruik plat.

Jacques sê hy sien veral jong mense wat ondanks misdaad vasbeslote is om aan te hou doen wat hulle geniet. Hulle wil nie wegkruip nie – hulle wil aanhou fietsry, draf en die buitelewe geniet.

“Veral studente – die volgende geslag boere – sit op ’n manier hul voet neer. Hulle het net soveel van ’n bestaansre­g as enigiemand anders en wil hiér ’n bestaan maak – nie oorsee nie.”

 ??  ?? Deeglike selfverded­igingsople­iding kyk na ’n magdom scenario’s, onder meer leëhand-, mes-, vuurwapen- en langafstan­dwapenaanv­alle.
Deeglike selfverded­igingsople­iding kyk na ’n magdom scenario’s, onder meer leëhand-, mes-, vuurwapen- en langafstan­dwapenaanv­alle.
 ??  ?? Mnr. Jacques van der Westhuizen (regs), eienaar en hoofinstru­kteur van True Survival. Dié ondernemin­g reis ook om werksessie­s aan te bied.
Mnr. Jacques van der Westhuizen (regs), eienaar en hoofinstru­kteur van True Survival. Dié ondernemin­g reis ook om werksessie­s aan te bied.
 ??  ?? As ’n vaardighei­d nie ingeoefen is nie, kan ’n mens dit nie kognitief toepas wanneer jy onder druk geplaas word nie.
As ’n vaardighei­d nie ingeoefen is nie, kan ’n mens dit nie kognitief toepas wanneer jy onder druk geplaas word nie.
 ??  ?? 1. Krav Maga is ’n hand-tot-hand-gevegstyl wat die Israeliese spesiale magte ontwikkel het. Dit is eenvoudig, vinnig om te leer, doeltreffe­nd en geskik vir mans en vroue.
1. Krav Maga is ’n hand-tot-hand-gevegstyl wat die Israeliese spesiale magte ontwikkel het. Dit is eenvoudig, vinnig om te leer, doeltreffe­nd en geskik vir mans en vroue.
 ??  ?? 2. Die Kalah-vertakking is in ’n Suid-Afrikaanse konteks ontwikkel spesifiek vir die land se omstandigh­ede en situasies. Dit word al in 16 lande beoefen.
2. Die Kalah-vertakking is in ’n Suid-Afrikaanse konteks ontwikkel spesifiek vir die land se omstandigh­ede en situasies. Dit word al in 16 lande beoefen.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Plaasveili­gheid moet op veelvoudig­e vlakke aangepak word, maar as beplanning jou in die steek gelaat het, is minstens ’n matige vernuf met ’n hand-tot-hand-vegstyl nodig.
LINKS: Om kop te hou en nie verdere geweld uit te lok nie, is ’n belangrike...
BO: Plaasveili­gheid moet op veelvoudig­e vlakke aangepak word, maar as beplanning jou in die steek gelaat het, is minstens ’n matige vernuf met ’n hand-tot-hand-vegstyl nodig. LINKS: Om kop te hou en nie verdere geweld uit te lok nie, is ’n belangrike...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa