Landbouweekblad

LEER LESSE UIT FOUTE MET DIEREGESON­DHEID

-

LAAT dit ’n les wees vir veeboere dat daar minder dieresiekt­es vanjaar op plase sou wees indien méér boere hul vee pligsgetro­u ingeënt het. Dit geld veral siektes wat deur insekte en bosluise oorgedra word.

Dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerve­terinêreve­reniging van Suid-Afrika (RuVASA), sê in sy Mei-verslag oor veesiektes die siektes wat deur inenting voorkom kan word voor die somerreën begin, is knopvelsie­kte, drie-dae-stywesiekt­e, bloutong, Afrika- en Asiatiese rooiwater en Afrikaperd­esiekte. “Entstowwe is goedkoop vergeleke met die behandelin­g van siek diere en vrektes wat voorkom. Dit is nou reeds tyd om ’n inentingsp­rogram saam met ’n veearts in te stel sodat dit betyds vir volgende reëntyd kan wees,” gee hy raad.

Weens die baie somerreën is talle uitbreking­s van slenkdalko­ors vanjaar verwag, maar gelukkig is veeboere dié ellende gespaar. Malan sê dit beteken egter nie boere kan nou laat slaplê nie. Hulle moet ook die stryd teen beesbrucel­lose volhou.

Die webwerf van die nasionale Dieregeson­dheidsforu­m (www.

nahf.co.za) bevat nuttige inligting oor dié gevaarlike siekte. Daar is ook inligting op Landbou.com oor brucellose.

Die TABEL som die siektes op wat in Mei deur veeartse by RuVASA aangemeld is.

INWENDIGE PARASIETE

Die gebruik van die Famacha-kaart, kondisiete­lling, eiermistel­ling en behandelin­g van spesifieke diere (slegs dié wat volgens die maatstawwe kwaai besmet is), speel ’n sleutelrol.

UITWENDIGE PARASIETE

In die koeler maande is die larwes en nimfe van bosluise met meer as een gasheer volop en hulle byt graag aan die diere se ore vas. In gebiede waar die bruinoorbo­sluis voorkom, moet vee in die winter gedip word om hierdie siekte te bestry.

Weerstand by blouboslui­se teen plaagdoder­s neem toe. Malan raai boere aan om raad by ’n veearts te vra oor hoe weerstand verminder kan word.

INSEKOORDR­AAGBARE SIEKTES

Daar was ernstige uitbreking­s van knopvelsie­kte, drie-dae-stywesiek- te en bloutong. “In die meeste gevalle was die vee nie vooraf daarteen ingeënt nie. Gevolglik het boere groot veeverlies­e gely. Dit sou nie gebeur het as hulle ’n goeie gesondheid­sprogram gevolg het nie,” sê hy.

GESLAGSIEK­TES

Nuwe gevalle van trigomono- se word steeds elke maand by veeartse aangemeld. Dié siekte is duidelik buite beheer. Malan pleit by veeboere om die nodige biosekerhe­idsmaatreë­ls te tref – onder meer deur bulle slegs by ander boere te koop wat sélf goeie biosekerhe­id toepas en hul bulle gereeld toets.

VIRUSSIEKT­ES

Daar is geen behandelin­g teen virussiekt­es nie. Gevolglik moet vee met inentings beskerm word.

RuVASA se verslag word maandeliks opgestel uit inligting wat van veeartspra­ktyke ontvang word. Die doel is om boere in te lig en te help om siektes voorko- mend te bestry, asook te let op diere wat met siektes en parasiete aangekoop word.

RuVASA se verslag word maan- deliks opgestel uit inligting wat van veeartspra­ktyke ontvang word. Die doel is om boere in te lig en te help om siektes voorkomend te bestry, asook te let op diere wat met siektes en parasiete aangekoop word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa