Landbouweekblad

ZUMA: GEEN TITELAKTES NOU VIR SWART BOERE

-

Die tyd is nie nou reg vir swart boere om titelaktes te kry nie, het pres. Jacob Zuma in die Nasionale Vergaderin­g gesê.

SEKELBOS skryf: Ons moet besef die Regering/ANC sit met ’n groot dilemma. Zebediela is ’n voorbeeld daarvan. Gee vir ’n gemeenskap grond en ’n jare lange twis breek uit, want almal wil die baas van die plaas wees. Gee dit vir ’n individu en die kans is meer as 90% dat hy gaan misluk, want hy het nie die kennis, ondervindi­ng, kapitaal en ondersteun­ing van die staat nie. Gemeenskap­pe hou ook nie daarvan dat ’n enkeling bevoordeel word nie en kom in opstand. Nou hou die Regering die grond in sy hande en hoop ’n feëtjie sal eendag al bogenoemde struikelbl­okke laat verdwyn! DRIES skryf: “. . . dat die Regering die grond koop sodat hy dit aan die regte mense kan uitdeel.” Ja, en ons weet dat die grond, soos in Zimbabwe, aan sy kaders uitgedeel sal word. Die opkomende boer wat bereid is om hard te werk om sy boerdery op die been te bring, het geen waarborg dat hy daardie grond sal kan bekom nie. Weer eens net ’n boetie-boetiestor­ie. Belaglik!

GIDEON BAKKES skryf: Die Regering wil alle grond nasionalis­eer. Hy wil egter nie swart grondeiena­ars onteien nie, dus kry hulle nie titelaktes nie. Dit is so eenvoudig soos dit. JOHANNES MEINTJES skryf: Ek het self nou al aansoek gedoen vir 1 hektaar per familie, maar nog niks gehoor nie.

M. KRUGER skryf: Kom ons kyk wat die ANC met die klomp nuwe Zoeloe-titelhouer­s gaan maak. Dit is geen geheim dat die mense geld soek en nie grond nie. Grond is bloot ’n weg tot geld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa