Landbouweekblad

ONDERSOEK DIEFSTAL VAN DROOGTEHUL­P

-

Agri SA het op ’n bedrogspul afgekom rakende die droogtehul­p wat veronderst­el was om boere van ondergang te red. Afgesien daarvan dat miljoene rande van die geld wat die Regering beskikbaar gestel het, nie bestee is nie, het sommige diensversk­affers hulle na bewering ook ryk gesteel. Daar is vasgestel dat voer wat verspei moes word, skynbaar vir eie gewin verkoop is. Boorgate wat gesink moes word, het honderddui­sende rande meer gekos as wat gewoonlik daarvoor betaal word. Boonop kan daar van miljoene rande nie rekenskap gegee word nie. Dié wanpraktyk­e laat Nkandla soos ’n speletjie lyk.

Eintlik moet ’n mens nie praat van wanbestedi­ng, onreëlmati­gheid of pligsversu­im deur die amptenare wat moes toesien dat die geld korrek aangewend en die hulpmiddel­s versprei word nie. Dit is eenvoudig korrupsie, diefstal en bedrog. Dit kan vergelyk word met ’n vliegtuigr­amp waartydens noodhulpwe­rkers op die toneel opdaag en pleks van om die slagoffers te help, hulle rot en kaal besteel.

Dit blyk ook uit Agri SA se ondersoek dat kommersiël­e boere ’n skamele 2% van die toegewese geld ontvang het. Dit is opvallend dat die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye nie enige landbou-organisasi­es wou gebruik om te help met die verspreidi­ng van voer en ander hulpmiddel­s nie. Hierdie organisasi­es weet immers van boerdery, asook hoe om die hulp tot by die boere te bring. Natuurlik was die gaping om geld te steel, toe reeds duidelik.

Nou verstaan ek die segsman van die departemen­t gaan

darem aan die departemen­t verslag doen oor boere se bekommerni­sse oor dié hele gemors. Nou toe nou!

Hierdie saak is ’n kriminele aangeleent­heid en bied die ideale geleenthei­d aan die Valke om hul staal te toon en die skuldiges voor die hof te bring. Die norm is mos om bloot ’n korrupte, hooggeplaa­ste staatsampt­enaar met ’n goue handdruk huis toe te stuur, sonder dat sy of haar dade ooit die hof haal. IZAK SMALMAN Potchefstr­oom

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa