Landbouweekblad

ZIMBABWE | Uitsetting­s maak óór grense skade

- — NICO VAN BURICK

Die Mugabe-regering se hernieude vlaag plaasuitse­ttings, saam met die kansellasi­e van permitte wat Zimbabwiër­s toelaat om in Suid-Afrika te werk, kan ’n uiters nadelige uitwerking op die streek hê, waarsku mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuu­rder van die TLU SA.

Dit kom ná die Zanu-PF-regering van pres. Robert Mugabe die afgelope week minstens 38 boere van hul plase afgesit het.

“Toestromin­g na Suid-Afrika is sekerlik ’n groot moontlikhe­id. Sonder werkspermi­tte lei dit weer tot meer misdaad en ontwrigtin­g. Daar is duidelik geen begrip van hoe ’n ekonomie werk nie óf dit word ondergeski­k gestel aan ’n beheptheid met ’n ideologie. Daar gaan net nóg vinniger nóg groter armoede geskep word.”

Hy sê met dié dat die Zimbabwe-werkpermit­te in Suid-Afrika nou gekeer word, gaan dit die druk nog groter maak.

Mnr. Omri van Zyl, uitvoerend­e direkteur van Agri SA, sê met grondhervo­rming en voedselsek­erheid is dit van deurslagge­wende belang dat grond as sekuriteit vir finansieri­ng kan dien.

“Grond op sigself beteken nie veel as daar nie geld daarin belê word nie. Al word die laaste hektaar grond aan jeugdiges gegee, sal daar nie vooruitgan­g met produksie wees nie omdat die ekonomiese basis vir produksie en waardekett­ingbestuur nie gereed is nie.” Van Zyl sê hy hoop nugtere denke sal in Suid-Afrika seëvier.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa