Landbouweekblad

Leer dié lesse by Knysna

Die Tuinroete is onlangs op sy knieë gedwing deur verwoesten­de brande. Meer as 500 huise het afgebrand en duisende mense is ontwortel. Maak seker jou versekerin­g en papierwerk is in orde vir ingeval só ’n ramp jou tref.

- Adv. Ronald King is hoof van strategies­e navorsing by PSG. NAVRAE: E-pos: Ronald.King@psg.co.za

Indien jy een ding uit jou huis kon red in geval van ’n brand, wat sal dit wees?

Baie van ons het al dié vraag gevra. Vir die inwoners van Knysna en omstreke was dit egter nie eens ’n opsie nie, want die brande het net te vinnig gekom.

Met almal langs die Tuinroete wat nou hul lewens moet herbou, gaan ons harte uit na die naasbestaa­ndes van dié wat hul lewe verloor het en ons is saam stomgeslaa­n met dié wat alles verloor het.

Met miljarde rande se skade, moet ons vra of ons iets uit dié tragedie kan leer.

Niks is so verwoesten­d soos ’n natuurramp nie, en niks gebeur so vinnig nie.

Ooggetuies vertel hoe die vuur binne sekondes oor paaie en selfs oor die monding van die meer gespring het om op sy verwoesten­de pad voort te beur.

Sommige huishoudin­gs moes tot vyf keer ontruim word omdat die huis waarin hulle skuiling gesoek het, skielik in die pad van die brand was.

Dán leer jy geen bate is soveel werd soos jou en jou gesin se lewens nie. Wanneer iemand jou weer vra wat jy in ’n brand sal red, is die antwoord: My gesin.

DOKUMENTE

Wanneer alles in ’n brand vernietig word, moet bankkaarte, paspoorte en identiteit­sdokumente vervang word. Dit kan egter net gedoen word met ’n bewys van wie jy is. Maak dus seker jy bêre iewers weg van jou huis af gewaarmerk­te afskrifte van jou dokumentas­ie, waaronder geboortese­rtifikate en huweliksdo­kumente. Die “kuberwolk” is ook ’n goeie bêreplek. Daar is ook persoonlik­e herinnerin­ge. Laat jou kinders hierdie skoolvakan­sie al die familiefot­o’s wat oor die jare geneem is, oplaai en ook in die “wolk” bêre. Onthou, jou rekenaar se hardeskyf is nie goed genoeg nie, want in die geval van ’n brand of diefstal word dit ook vernietig.

KONTANT IN DIE HAND

’n Noodfonds was nog altyd deel van ’n goeie aftreeplan, maar dit word selde vir werkende mense voorgestel. As jy skielik sonder kos en klere gelaat word, is volgende maand se salaristje­k verskrikli­k ver.

’n Noodfonds gelyk aan drie maande se salaris kan in sulke gevalle van onskatbare waarde wees. Maar dit kan net so belangrik wees in normale omstandigh­ede as die motor skielik breek of iemand ná ’n ongeluk in die hospitaal opgeneem moet word. Begin dus nou met daardie fonds.

VERSEKERIN­G

Die ekonomie lyk sleg en bitter min dui daarop dat dit binnekort gaan beter word. In sulke omstandigh­ede moet elke sent omgedraai word, en versekerin­g bly dikwels in die slag. Ongelukkig is dit die verkeerde plek om te begin bespaar. Wanneer geld skraps is, kan enige verlies jou finansiële verknorsin­g in ’n katastrofe laat verander. Talle van die slagoffers het vertel hulle moes onlangs hul versekerin­g kanselleer, en vir hulle lyk die toekoms nou die donkerste.

BARMHARTIG­HEID

Ons het die afgelope paar maande deurgaans gehoor hoe baie ons as Suid-Afrikaners van mekaar verskil en baie partye het haat aangewakke­r. Die wyse waarop die hele Suid-Afrika saamgestaa­n het om hulp te verleen, wys egter weer die ware hart van die land.

Terwyl vlugte vol brandweerm­anne uit Johannesbu­rg vertrek het, is noodvoorra­ad van oral ingevlieg. Miljoene rande is deur groot versekeraa­rs en ander maatskappy­e geskenk.

’n Groep studente op Potch het geld vir Bybels ingesamel en gestuur. Daar is nie vrae gevra nie, en bepaalde lojaliteit­e aan politieke partye was irrelevant. Dit was eenvoudig: Mense was in nood. Onder die oppervlakt­e van mense in Suid-Afrika is ’n oorweldige­nde naastelief­de. Ek het na my mede-Suid-Afrikaners gekyk en was trots. Dit maak nie saak wat die toekoms na ons kant toe gooi nie, ek weet daar is hoop vir Suid-Afrika.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa