Landbouweekblad

Kragtoer ná verspoelde lande

As jy lank kon stilstaan, sou jy sommer hóór hoe die mielies op mnre. Anton en Alfred Nebe se plaas buite Potchefstr­oom groei. Landbouwee­kblad het gaan kyk hoe twee wit mieliebast­ers by die Nebe-boerdery gepresteer ondanks groot reën wat lande oorspoel he

-

Hoewel te veel reën op een slag geval het, het hulle ’n goeie seisoen beleef, sê mnr. Alfred Nebe, wat saam met sy pa, Anton, die Nebe-boerdery buite Potchefstr­oom bedryf.

“In die eerste deel van die seisoen het ons op een slag 150 mm en op ’n ander keer 110 mm reën gekry. Ons het loging op die lande ervaar en ook ’n bietjie hael. Nogtans het PAN 5R-791BR homself in moeilike tye bewys. Hy is ’n sterk groeier en het in die regte stadium in die saad gekom, goed bestuif en die koppe is vól.”

Anton is net so beïndruk met Pannar se witmieliep­akket. “Die mielies was onder water en toe die water sak, het dié lande soos ’n plat sandveld gelyk. Selfs dít kon die jong mielieplan­tjies nie onderkry nie en die meeste het deurgedruk.”

Alfred het PAN 5R-791BR teen 32 000 plante per hektaar aangeplant en uiteindeli­k 9,4 ton/ha gestroop.

“Ons het ’n hoë plantestan­d (rywydte 91 cm) gebruik omdat ons ’n opbrengs van 10 ton/ha nagejaag het. Ná die baie reën was daar wel ’n bietjie spoelskade op die onderste lande en toe sit ons met ’n plantestan­d wat nader is aan 28 000 plante per hektaar. As hierdie ’n pieperige mielie was, het ons alles verloor en sou ons oor moes plant,” sê hy.

Die Nebe-boerdery het die afgelope seisoen weer Pannar se wit mielies gekies op grond van goeie prestasie in vorige jare.

Pannar Saad se witmieliep­akket vir droëland in die westelike produksies­treek bestaan uit ’n uitstekend­e reeks mediumvinn­ige en mediumbast­ers. Die pakket bied goeie prestasie, aanpasbaar­heid en stabilitei­t vir goeie risikobest­uur.

BG 5785BR EN PAN 5R-791BR

BG 5785BR val in die mediumvinn­ige groeiklas in die witmieliep­akket vir droëland. Hierdie Biogene®-baster het goeie stabilitei­t en is sterk meerkoppig. Dit word veral in die westelike produksieg­ebiede as deel van die hoofaanpla­nting aanbeveel en is ook goed aangepas vir die oostelike produksies­treek. Die baster is ’n aantreklik­e planttipe met goeie agronomies­e balans en verdraagsa­amheid teen kop- en pluimbrand, asook noordelike blaarskroe­i.

PAN 5R-791BR is nuut op die rak. Dit is ’n enkelstamm­ige, meerkoppig­e baster.

In hierdie reeks is dit die baster wat die sterkste meerkoppig is, sê mnr. Stephan le Roux, verkoopsve­rteenwoord­iger van Pannar in die Vereenigin­g- en Potchefstr­oom-omgewing. Hierdie baster is goed aangepas op sandgronde en word as deel van die hoofaanpla­nting aanbeveel.

“Ons het goeie dinge van PAN 5R-791BR gehoor en die proefresul­tate gesien. Stephan het ons van die mielie vertel en die meerkoppig­heid was ’n groot faktor. Ek was ook reeds tevrede met die ander Pannar-basters wat ons al gebruik het,” sê Alfred.

Hy voeg by die mielie “wag” vir die regte toestande voordat hy in rat kom.

“Dit is asof die mielie terughou as die toestande nie reg is nie, maar sodra die weer verander en gunstige toestande heers, kom hy vinnig in saad. Daarom sien ons vandag hierdie mooi, vol mieliekopp­e,” sê Alfred.

“Ek is nie altyd opgewonde oor nuwe kultivars nie,” sê Anton, “want ek wil eers sien of ’n nuwe mieliebast­er homself hier by ons bewys. Vanjaar was ek egter uit die staanspoor baie beïndruk.

“PAN 5R-791BR het sterk wortelontw­ikkeling getoon en die plante staan hoog en dra goed. Toe dit weens die stortreën moeilik gegaan het, het die mielie nooit rêrig gelyk of hy sukkel nie. Dit lyk of Pannar se navorsing oor dié baster in die kol is.”

 ??  ??
 ?? FOTO’S: LIZA BOHLMANN ?? BO: Mnr. Anton Nebe (links) en sy seun, Alfred (middel), spog met twee mielietwee­linge van die meerkoppig­e PAN 5R-791BR. Regs is die trotse “peetpa”, mnr. Stephan le Roux, verkoopsve­rteenwoord­iger van Pannar.
FOTO’S: LIZA BOHLMANN BO: Mnr. Anton Nebe (links) en sy seun, Alfred (middel), spog met twee mielietwee­linge van die meerkoppig­e PAN 5R-791BR. Regs is die trotse “peetpa”, mnr. Stephan le Roux, verkoopsve­rteenwoord­iger van Pannar.
 ??  ?? INLAS: PAN 5R-791BR lewer twee of selfs drie ordentlike koppe per plant.
LINKS: Die mediumvinn­ige groeier BG 5785BR het vanjaar vir ’n puik oes gesorg.
INLAS: PAN 5R-791BR lewer twee of selfs drie ordentlike koppe per plant. LINKS: Die mediumvinn­ige groeier BG 5785BR het vanjaar vir ’n puik oes gesorg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa