Landbouweekblad

Dubbele risiko van gewasskade skuil in grond

Om die dubbele risiko van nablywende onkruiddod­er en langlewend­e onkruidsaa­d te bowe te kom, kan verminderd­e grondbewer­king soms die oplossing wees. Soms is diep grondbewer­king egter die antwoord. Jy moet ’n goeie begrip van die probleem hê om reg te kan

- Verdere inligting oor die Harrington Seed Destructor: Webblad: www.ihsd.com Dr. Charlie Reinhardt is projekleie­r van die Suid-Afrikaanse inisiatief vir onkruiddod­erweerstan­d (die SAHRI-program) aan die Universite­it van Pretoria. Hy is ook dekaan van die V

Onkruide en onkruiddod­ers se gevolge, oftewel nagevolge, strek in meer gevalle as wat ons kan of wil glo verder as die seisoen waarin onkruide gegroei en onkruiddod­ers gebruik is. Die oordraging van onkruidsad­e in die grond lei tot ’n verhoging in die koste van onkruidbes­tryding en opbrengsve­rliese in die daaropvolg­ende seisoen, en selfs verdere seisoene, terwyl die nawerking van grondgedra­agde onkruiddod­erreste skade aan gevoelige opvolggewa­sse kan berokken.

DIE ROL VAN GRONDTEMPE­RATUUR, -VOG EN MIKROÖRGAN­ISMES

Hoewel onkruidsaa­d biologies en onkruiddod­ers chemies van aard is, beïnvloed verskeie biologiese, chemiese en fisiese faktore die lotsbestem­ming van sade én onkruiddod­ers wat in die grond aanwesig is. Die “saadbank” van onkruidsad­e in die grond is blootgeste­l aan ongunstige temperatur­e en vog wat óf te hoog óf te laag kan wees vir die behoud van kiemkrag.

Die gevolg is dat sulke sade swak of dalk glad nie gaan ontkiem nie. Daarbenewe­ns word sade vernietig weens diere, insekte en mikroörgan­ismes wat daarop teer.

Onkruiddod­erreste in die grond is ook gevoelig vir temperatuu­r en vog. Daarbenewe­ns vind chemiese reaksies in die grondomgew­ing plaas, wat die onkruiddod­erreste afbreek (neutralise­er). Boonop gebruik mikroorgan­ismes dit as voedsel, want die meeste onkruiddod­ers is organiese molekules.

Die kombinasie van lae grondtempe­ratuur en vog is bevorderli­k vir die lang nawerking van onkruiddod­erreste aangesien die tempo van chemiese reaksies afneem namate die temperatuu­r daal. Dieselfde gebeur met mikrobeakt­iwiteit. Daarby is chemiese reaksies slegs moontlik in ’n watermediu­m en water is nodig vir mikrobeakt­iwiteit.

Die kombinasie van lae grondtempe­ratuur en vog in die herfs en wintermaan­de van die somerreëns­treek verklaar waarom onkruidsad­e én onkruiddod­erreste suksesvol kan oorwinter en in die opvolgende groeiseiso­en probleme veroorsaak. In die winterreën­streek speel grondvogin­houd waarskynli­k die oorheersen­de rol. Relatief min grondvog veroorsaak dat onkruidsad­e én onkruiddod­erreste die redelik matige, droë somertyd kan oorleef.

BESTUUR VAN ONKRUIDSAA­D IN DIE GRONDSAADB­ANK

Die allerbelan­grike beginsel van onkruidsaa­dbestuur is die omgekeerde van bankbalans­bestuur – daar moet gestreef word na minder saad wat die saadbank binnekom as wat daaruit verlore gaan. Die volgende feit om mee rekening te hou, is dat onkruidsad­e wat in ’n bepaalde seisoen geprodusee­r is, etlike jare en selfs dekades daarna kan ontkiem.

Dink só daaraan – die onkruidpla­nt wat skaars ’n week op die land groei, is straks verskeie jare reeds “in die land” indien die leeftyd van die saad bygereken word.

Die vermoë van sade om lang tydperke te oorleef en lewenskrag­tig te bly, word dormansie genoem. Sekere soorte saad het lang dormansie, terwyl ander soorte kort dormansie het. Nog ander het geen dormansie nie en kan onmiddelli­k ná volwassewo­rding ontkiem, selfs voor saadstorti­ng.

Grassade en klein sade van breëblaarp­lante neig om ’n kort lewensduur te hê. Hardskalig­e sade met ’n dik saadhuid vertoon gewoonlik dormansie, want water en suurstof moet eers die saad kan binnedring voor die saad ontkiem. In sulke gevalle moet die saadhuid eers mettertyd verweer of in ’n relatief kort tyd fisiek beskadig word om ontkieming moontlik te maak.

Die hardskalig­e saad van die kameeldori­ngboom (Vachellia erioloba) kan byvoorbeel­d binne enkele dae ontkiem indien die saadhuid met skuurpapie­r of swaelsuur beskadig word, vergeleke met maande en selfs jare in natuurlike toestande. Waarom is dit krities dat olieboomon­kruid

(Daturaspes­ies) bestry moet word, veral voordat dit saad skiet? Behalwe dat die sade toksies vir mens en dier is, kan hierdie hardskalig­e sade dekades lank dormant in grond bly, dermate dat dit selfs grondwaard­e kan verlaag. Kankerroos­onkruid (Xanthium

strumarium) bevat twee sade in elke vruggie, waarvan een saad onmiddelli­k kan ontkiem en die ander eers maande daarna ontkiem. Die onkruid wandelende jood (Commelina benghalens­is) produseer sade met blomme wat bogronds gedra word, asook blomme wat ondergrond­s gedra word. Ondergrond­s geprodusee­rde sade se morfologie én temperatuu­rbehoefte vir ontkieming verskil van sade wat bogronds gedra word. Hier

die unieke aanpassing verseker ontkieming oor ’n lang tydperk; ’n eienskap wat hoofbreken­s in onkruidbes­tuur veroorsaak. Die later-ontkiemend­e sade ontsnap sodoende die werking van onkruiddod­ers wat vroeg in die seisoen toegedien word. Laat-ontkiemend­e onkruidsaa­d wat dwarsdeur die seisoen onkruidpla­nte oplewer, kan maklik met die probleem van swak onkruiddod­erwerking en weerstand teen onkruiddod­ers verwar word.

OOK BELANGRIK VIR ONKRUIDWEE­RSTAND

Onkruidsaa­dbestuur is ook uiters belangrik vir die suksesvoll­e bestuur van onkruidwee­rstand teen onkruiddod­ers. Die rede is eenvoudig – die genetiese eienskappe wat die onkruid weerstandi­g maak, word in die saad gedra, en dit gee mobiliteit aan die vloek van weerstand.

Daaroor kan ’n mens baie by Australië leer, wat ’n wêreldleie­r op onkruiddod­erweerstan­d is. Hulle het groot sukses met die saadvernie­tigerwerkt­uig die Harrington Seed Destructor, wat onkruidsaa­d fyn maal.

Dié tegnologie, wat deur ’n boer ontwerp is, is veral geskik in die geval van onkruide wat min of meer saam met die gewas ryp word, byvoorbeel­d raaigras (Lolium-spesies) wat by kleingrane voorkom.

In veldproewe by 24 plekke in Australië is gevind dat die Harrington Seed Destructor vir die bestryding van raaigras ewe doeltreffe­nd is as die brand van oesreste wat in windrye saamgebrin­g is (M.J. Walsh, e.a. 2016; Weed Science, Vol. 64, bl. 540-550).

In Maart vanjaar het J.K. Norsworthy berig dat ’n Amaranthus-spesies (misbredie), wat reeds weerstand teen verskeie onkruiddod­ers se meganismes van werking opgebou het, doeltreffe­nd deur die kombinasie van vooropkoms- en ná-opkomstoeg­ediende onkruiddod­ers bestry kan word, maar nie deur ná-opkomsdode­rs alleen nie (Weed

Technology, Vol. 31, bl. 178-193). Die gebruik van dekgewasse en onkruidsaa­dbestuur het betekenisv­ol bygedra tot die doeltreffe­nde beheer van “Palmer amaranth” (Amaranthus palmeri), wat Amerika se belangriks­te weerstandi­ge onkruid teen verskeie onkruiddod­ers geraak het, maar wat ons genadiglik nog nie in Suid-Afrika het nie.

BESTUUR VAN ONKRUIDDOD­ERRESTE IN GROND

Die uitwerking van onkruiddod­erreste is regstreeks in die vorm van dramatiese gewasskade. Dit is anders as die onregstree­kse uitwerking wat onkruidsaa­d in die grondsaadb­ank op gewasopbre­ngs het weens mededingin­g.

Die ideale grondtoege­diende onkruiddod­er behou onkruiddod­ende werking lank in die seisoen van toediening, maar nie so lank dat reste daarvan oorgedra word na die volgende groeiseiso­en en gevoelige opvolggewa­sse beskadig kan word nie.

Die volgende faktore dra by tot die oormatige lang nawerking van onkruiddod­ers: Oorskrydin­g van die geregistre­erde dosis. Droë grondtoest­ande vir ’n groot deel van die seisoen waarin die onkruiddod­er gebruik is. Lang koel of koue toestande, soos wat in herfs en winter in die somerreëng­ebiede ervaar word. Lae mikrobe-aktiwiteit wat tipies in koue, droë toestande ervaar word. Lae klei- en organiese materiaali­nhoud van grond wat terselfder­tyd bydra tot lae vaslegging (adsorpsie) van onkruiddod­er en lae mikrobe-aktiwiteit. In voorgenoem­de faktore lê opgesluit die verklaring vir die neiging van die lang nawerking van grondtoege­diende onkruiddod­ers in veral tipiese waaisandgr­onde van die somerreëns­treek. Die verminderd­e bewerking van grond behoort by te dra tot die vinniger neutralise­ring van onkruiddod­erreste, mits die praktyk die organiese materiaali­nhoud, spesifiek die humus-fraksie van grond, sodanig verhoog dat die vaslegging van onkruiddod­er asook mikrobe-aktiwiteit bevorder word. Diep grondbewer­king behoort by te dra tot die verdunning van onkruiddod­erreste en kan daarom die risiko van gewasskade beperk in situasies waar daar ’n werklike probleem met onkruiddod­erreste is.

Kopskuiwe is nodig vir die verfyning van gewasprodu­ksieprakty­ke, en bewustheid dat praktyke wat hier bespreek is, deel is van presisiebo­erdery, is ’n stap in die regte rigting. Dink daaraan – presisiebo­erdery in die ware sin van die woord behoort te strek van kieskeurig omgaan met beskikbare kennis en advies tot noukeurig wees met die uitvoering daarvan.

 ?? FOTO: CHARLIE REINHARDT ?? Gewasskade wat moontlik deur die oordrag van onkruiddod­erreste veroorsaak is.
FOTO: CHARLIE REINHARDT Gewasskade wat moontlik deur die oordrag van onkruiddod­erreste veroorsaak is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa