Landbouweekblad

PERDE WIL NIE HOOI VREET

- Dr. Hercu van Niekerk is ’n grootdierv­eearts met ’n besondere belangstel­ling in perde. HERCU VAN NIEKERK

Ons het oulandsgra­s en tef op ons plaas geplant. Verlede jaar se tef het goed verkoop en ons het hooi aan drie perdestall­e in die Laeveld voorsien. Vanjaar het dit baie gereën en ons kon eers laat in die land kom om te sny. Ons kon net een laat snysel afkry weens die nat lande. Ons het nou van die drie stalle klagtes gekry dat hul perde koliek kry en nie die gras wil eet nie. Die bale word in ’n droë plek opgeberg en die gras was goed bemes. Ek is raadop en weet nie wat fout is nie. Uit die boer se inligting en uit die laboratori­umresultat­e kan afleidings gemaak word.

Om goeie hooi te maak, moet die gras in die vroeë blomstadiu­m gesny word. Die hooi word in die sekum (sakderm) van die perd verteer. Goeie hooi is hoog in sellulose en hemisellul­ose, wat deur die bakterieë in die sekum in vlugtige vetsure omvorm word.

Swak hooi is gras wat gesny is as dit reeds ryp is. Die ryp gras is baie hoog in lignien (houtagtige materiaal), wat onverteerb­aar is. Die swak hooi het bykans geen voedingswa­arde vir die perd nie. Dit kan tot die impaksie van die kolon (dikderm) en sekum lei, wat dan verder tot koliek kan lei.

Die inligting wat die boer verskaf, bevestig die gras is van ’n lae gehalte, want die gras was laat gesny en reeds fisiologie­s volwasse. Die laboratori­umuitslae wys ook die gras was ryp. Tef en oulandsgra­s is tipiese Suid-Afrikaanse hooigewass­e. J.W. Groenewald en P.A. Boyazoglu se werk gee die samestelli­ng van goeie tef aan as:

Die laboratori­umuitslae wys die hooi se voedingswa­arde is substandaa­rd. Die lae kalium wys ook die hooi was nie blaarryk nie. Die spooreleme­nte, veral koper en sink, is baie laag.

Hooi wat laat gesny word as die gras eers ryp is, is nie geskik vir perdevoedi­ng nie. Probeer om die hooi in die vroeë blaarstadi­um te sny. Verder moet gras op lande geplant word waarvan ’n volledige grondontle­ding gedoen is. Die volgende faktore is noodsaakli­k: pH-regstellin­g deur dolomietie­se of kalsitiese kalk NPK (stikstof, fosfaat en kalium) Spooreleme­nte (spesifiek koper en sink)

 ??  ?? Om hooi te maak wat geskik is vir perdevoedi­ng, moet die gras op lande geplant word waarvan ’n volledige grondontle­ding gedoen is. Probeer ook om die hooi in die vroeë blaarstadi­um te sny.
Om hooi te maak wat geskik is vir perdevoedi­ng, moet die gras op lande geplant word waarvan ’n volledige grondontle­ding gedoen is. Probeer ook om die hooi in die vroeë blaarstadi­um te sny.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa