Landbouweekblad

BRANDSIEKT­E BY HONDE

- Dr. Faffa Malan is bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika. FAFFA MALAN

My foksterrië­r van een jaar oud het brandsiekt­e vandat hy gebore is. By die veearts het hy inspuiting­s gekry en ’n salf en dipmiddel wat ek een keer per maand gebruik. Die brandsiekt­e kom egter altyd weer terug. Kan so ’n hondjie met brandsiekt­e genees word? Brandsiekt­e in honde word veroorsaak deur ’n myt met die naam van Demodex. Die myt

word onder ’n mikroskoop gediagnose­er nadat velskraaps­els gemaak is en lyk soos ’n klein krokodil. Die probleem word gereeld in honde jonger as ses maande gediagnose­er en kan baie moeilik wees om te behandel.

Die myte veroorsaak die verlies van hare in klein kolletjies en die hondjies krap gereeld. ’n Hond kan al die hare op sy lyf verloor weens die mytinfeksi­e.

Die behandelin­g vir die siekte is baie intensief. Daar is ’n inspuiting wat elke week vir vier weke gegee moet word. Terselfder­tyd is daar ’n salf en sjampoe wat gebruik moet word. Die hond moet minstens elke week gedip word en die salf moet elke dag aangesmeer word.

Die belangriks­te aspek van brandsiekt­ebehandeli­ng by honde is dat die behandelin­g vir minstens vier weke moet voortgaan nadat die simptome opgeklaar het. Dit sal lyk asof ’n mens ’n gesonde hond behandel, maar die myt is baie moelik om dood te maak en daarom is die ekstralang behandelin­g noodsaakli­k.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa