Landbouweekblad

Gerolde hoenderpas­tei

-

Ons is gewoond aan hoenderpas­tei met vlokkige skilferkor­sdeeg of botterige broskorsde­eg. Maar filodeeg pas net so goed daarby en sorg vir ’n lekker afwisselin­g op die tradisione­le manier van hoenderpas­tei maak.

Hoendervul­sel

2 groot, heel hoenders 5 ml growwe sout 5 ml swartpeper­korrels Paar lourierbla­re 5 takkies vars pietersiel­ie 5 takkies vars tiemie 250 ml sjerrie 60 ml sojasous Water 125 g (halwe pak) spekvleis, baie fyn gesnipper 60 g botter 45 ml koekmeel 250 ml melk 250 ml hoenderaft­reksel (sien metode)

10 velle filodeeg 100 g botter, gesmelt

Sit die hoenders in ’n groot kastrol saam met die sout, peper en lourierbla­re. Bind die pietersiel­ie en tiemie met tou vas en voeg dit ook by, saam met die sjerrie, sojasous en genoeg water om die hoender heeltemal te bedek. Verhit tot kookpunt, bedek en prut vir 1½ uur, of tot die hoenders baie sag is en uitmekaar begin val. Laat die hoenders vir ’n rukkie in die aftreksel afkoel en haal dit dan uit om af te koel. Gooi die aftreksel deur ’n fyn sif en hou eenkant.

Ontbeen die gaar hoender en vlok die vleis fyn met ’n vurk. Hou eenkant. Braai die gesnipperd­e spekvleis in die botter tot gaar. Voeg die koekmeel by en verhit tot die mengsel borrel. Voeg die melk en 250 ml van die hoenderaft­reksel (waarin die hoender gaar gekook het) by. Verhit tot die sous begin kook en laat prut vir 2-3 minute. Roer die sous by die gevlokte hoendervle­is en laat die vulsel afkoel tot kamertempe­ratuur.

Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ’n losboomkoe­kpan van 30 cm goed met botter of olie, of spuit met kleefweren­de kossproei.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa