Landbouweekblad

Kerrievisp­asteitjies

-

Hierdie maklike pasteitjie­s is vinnig en goedkoop om te maak, maar besonder lekker. Maak kleintjies en sit hulle voor met ’n doopsous van jou keuse. Of bak groter pasteie vir middag- of aandete en sit dit voor met kool- en groenslaai.

Broskorsde­eg

750 ml koekmeel 7 ml sout 250 g koue botter, gerasper of in klein blokkies gesny 1 groot eiergeel Yswater

Vulsel

30 ml olyfolie of botter 1 ui, baie fyn gekap 2 knoffelhui­sies, fyn gekap 5 ml kerriepoei­er 3 blikkies tuna (170 g elk), goed gedreineer 5 ml koekmeel 60 ml melk 60 ml goeie mayonnaise Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 5 ml fyngekapte, vars pietersiel­ie Vars fyngeraspe­rde suurlemoen­skil en suurlemoen­sap na smaak 1 eier, geklits

Deeg: Pols die meel, sout en botter saam in ’n voedselver­werker tot krummelrig (of vryf die botter met jou vingerpunt­e by die meel en sout in). Voeg die eiergeel en ’n paar druppels yswater by tot daar klam frummels vorm wat aan mekaar begin vassit. Keer die mengsel uit op ’n werksopper­vlak en druk bymekaar in ’n plat skyf deeg. Draai toe in kleefplast­iek en verkoel vir ten minste 30 minute.

Vulsel: Verhit die olie of botter in ’n pan en braai die ui daarin tot sag. Voeg die knoffel en kerriepoei­er by en braai tot geurig. Voeg die tuna by en braai tot deurwarm. Sprinkel die koekmeel oor en braai vir ongeveer 1 minuut. Voeg die melk by en verhit tot kookpunt terwyl jy deurentyd roer. Verwyder van die hitte en roer die mayonnaise by. Geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper. Roer die pietersiel­ie by en voeg ’n klein bietjie suurlemoen­skil en -sap na smaak by. Laat die vulsel afkoel tot kamertempe­ratuur.

Voorverhit die oond tot 190 °C en voer ’n paar bakplate met bakpapier uit. Spuit liggies met kleefweren­de kossproei. Rol die deeg dun uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en sny sirkels daaruit. Skep van die tunavulsel op elke deegsirkel. Vou die deeg toe oor die vulsel om halfmaanpa­steitjies te maak en verseël die rante met ’n vurk. Pak die pasteitjie­s op die voorbereid­e bakplaat, bestryk liggies met geklitste eier en bak vir ongeveer 15-20 minute, tot goudbruin en gaar. Lewer 24 pasteitjie­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa