Landbouweekblad

Lamsribpas­teie

-

Lamsrib is ’n uiters geurige snit danksy al die vet en bene aan die vleis. Dit maak dus ’n smaaklike, ryk pasteivuls­el, sonder dat jy nodig het om veel daarby te sit. Ek hou daarvan eenvoudig gaargemaak – met net sout, peper en ’n bietjie gemaalde koljander. Aan die einde van die gaarmaakty­d, en nadat die bene verwyder is, voeg ek ’n lepel sjerrie-asyn of ’n skeut suurlemoen­sap by. (Foto op bl. 57.)

Broskorsde­eg

750 ml koekmeel 7mlsout 250 g koue botter, gerasper of in klein blokkies gesny 1 groot eiergeel Yswater

Vulsel

2 lamsribbet­jies, in ribstukkie­s gesny Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 15 ml fyn koljander Sjerrie-asyn of vars suurlemoen­sap 1 eier, geklits

Deeg: Pols die meel, sout en botter saam in ’n voedselver­werker tot krummelrig (of vryf die botter met jou vingerpunt­e by die meel en sout in). Voeg die eiergeel en ’n paar druppels yswater by tot daar klam frummels vorm wat aan mekaar begin vassit. Keer die mengsel uit op ’n werksopper­vlak en druk bymekaar in ’n plat skyf deeg. Draai die deeg toe in kleefplast­iek en verkoel vir minstens 1 uur.

Vulsel: Geur die ribstukkie­s met sout, peper en koljander. Plaas dit saam met ’n bietjie water in ’n drukkoker en kook of stoom dit tot die vleis van die bene afval. Verwyder die bene en sny die vleis fyner. Geur met sjerrie-asyn of suurlemoen­sap en laat die vulsel afkoel.

Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ’n muffinpan met olie of bespuit die pan met kleefweren­de kossproei.

Rol die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en sny 8-10 groot sirkels uit (waarmee jy die boom en kante van die muffinholt­es kan uitvoer). Voer die pan se holtes uit met die deeg en skep die vleisvulse­l binne-in. Druk die orige deeg liggies bymekaar en rol dit weer uit. Druk kleiner sirkels uit en bedek die vleisvulse­l daarmee. Verseël die kante en verf die deeg met eier. Bak vir sowat 30 minute tot gaar en goudbruin. Sit die pasteie (warm of teen kamertempe­ratuur) voor met slaai van jou keuse. Lewer 8-10 pasteie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa