Landbouweekblad

Beesvleisp­astei met groente

-

Maaskaasde­eg

500 ml koekmeel 2 ml bakpoeier 4mlsout 240 g geroomde maaskaas 250 g botter 1 eier, om oor te verf

Vulsel

30 ml kookolie 30 ml botter 1,5 kg beesvleisb­lokkies 750 ml beesvleisa­ftreksel 1 ui, gekap 10 ml fyngekapte, vars tiemie 5 ml fyngekapte, vars roosmaryn 30 ml worcesters­ous 45 ml port 500 ml bevrore groente Sout en swartpeper na smaak

Vir die deeg: Sif die droë bestanddel­e saam. Sny die maaskaas en botter met ’n mes by die meelmengse­l in of gebruik ’n voedselver­werker. Meng tot ’n sagte deeg. Bedek met kleefplast­iek en hou in die yskas tot nodig.

Vir die vulsel: Verhit die olie en botter in ’n groterige, vlak pan. Braai die vleis bietjiesge­wys tot goudbruin. Skep die vleis in ’n groot kastrol. Voeg die aftreksel, ui, kruie en geurmiddel­s by. Bedek en laat prut sowat ’n uur en 45 minute tot sag. (Voeg kookwater by as die sous te dik begin word.) Voeg die groente by, verhit weer tot kookpunt en prut vir 2 minute. Laat die vulsel afkoel tot kamertempe­ratuur en verkoel verder tot benodig.

Om saam te stel: Voorverhit die oond tot 200 °C. Skep die vulsel in ’n voorbereid­e pasteibak. Rol die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak. Bedek die vulsel met die deeg en bestryk met die eier. Bak vir 30 minute of tot die deeg goudbruin en die vulsel borrelend is. Lewer 6-8 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa