Landbouweekblad

NUWE KOOLKULTIV­ARS BIED WEERSTAND TEEN SWARTVROT

- — JOHAN COETSEE

Twee nuwe koolkultiv­ars is in die afgelope twee jaar deur die saadmaatsk­appy Hygrotech bekend gestel. Dié kultivars bied talle moontlikhe­de vanweë hul weerstand teen swartvrot. Hulle lewer groot koppe van tot 5,5 kg, sê mnr. Hugo Burger, tegniese bestuurder van dié maatskappy vir die Wes-, Oos- en Noord-Kaap, asook Namibië.

Die kultivars Karabo en Livia bied albei goeie weerstand teen swartvrot, waarskynli­k die belangriks­te siekte wat koolplante teister. Karabo lewer koppe van gemiddeld 4,5 kg tot 5,5 kg. Die koppe van Livia weeg 4 kg tot 5 kg – groottes wat gewild onder verbruiker­s is. Karabo kan die hele jaar geplant word, terwyl Livia in die winter, herfs en lente floreer wanneer dit koeler is.

Nuwe kultivars word voortduren­d geëvalueer, maar ou staatmaker­kultivars, soos Star3301, Granslam, Megaton en Empowa, word steeds landwyd aangeplant.

Tans is landwyd sowat 3 500 ha onder kool, waarvan sowat 600 ha in die Wes-Kaap. KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap is die land se belangriks­te koolproduk­siegebiede, hoewel baie kool nou ook in Gauteng geplant word.

Koolaanpla­ntings neem toe in Namibië, waar minstens 300 ha in die jongste jare gevestig is. Die meeste aanplantin­gs kom voor by Rundu, Oshivello en Ruacana in die noorde en by Stampriet in die suide.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa