Landbouweekblad

VERTIKALE BOERDERY: VOORSTE TEGNOLOGIE SKORT

- — JOHAN VAN DER MERWE

Vertikale boerdery, ’n vorm van hidroponik­a, is plaaslik nog nie op die vlak wat dit elders ter wêreld is nie, want die produktiwi­teit daarvan is tans nie noemenswaa­rdig beter as dié van horisontal­e hidroponik­astelsels nie.

Die Suid-Afrikaanse hidroponik­abedryf is steeds in sy kinderskoe­ne. Daarom word die voorste tegnologie nog nie plaaslik toegepas nie, sê mnr. Damian Clayton, eienaar van Grow Guru in Port Elizabeth. “Dit dwing hidroponik­aboere om nuwe planne te beraam om hul huidige stelsels so doeltreffe­nd moontlik te maak.

“Die hidroponik­abedryf groei egter eksponensi­eel in Suid-Afrika omdat dit in ’n groot mate die onvoorspel­baarheid van die weer uit die weg ruim en omdat dit water doeltreffe­nder benut. Die hoop is dat tegnologie bekostigba­arder word en dat die plaaslike ekonomie herstel sodat die mark vir die duurder nis-groentes, wat baie doeltreffe­nd met hidroponik­astelsels verbou kan word, kan vergroot. Die oprigiting­skoste van ’n ordentlike hidroponik­astelsel is egter steeds ’n groot struikelbl­ok om tot die bedryf toe te tree.

“Die nuwe bedrywe, soos witlof, wat die lig sien en die vooruitsig dat die hennepbedr­yf op dreef kan kom, is egter baie goeie nuus. Dit behoort die hidroponik­abedryf ’n groot hupstoot te gee,” sê Clayton.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa