Landbouweekblad

HUURGELD-MEEVALLER KOM VIR 50-50-PROJEKTE

-

DIE jaarlikse huurgeld op staatsgron­d in sogenoemde 50-50-projekte sal slegs 2% van die waarde van die grond beloop.

Die Tesourie het reeds hierdie reëling goedgekeur, het amptenare van die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming verlede week aan die parlement se betrokke portefeulj­ekomitee gesê.

Ingevolge die 50-50-voorstel word ’n nuwe maatskappy gestig wat ’n vennootska­p is tussen bestaande kommersiël­e boerderye en plaaswerke­rs. Laasgenoem­de word aandeelhou­ers in die ondernemin­g en só word die relatiewe regte van die mense wat die grond bewerk, versterk.

Benewens om die werkers en werkgewers sakevennot­e te maak, stel die program hom ook ten doel om aan die plaaswerke­rs verblyfsek­erheid te gee.

Die departemen­t wil hê dat dié program reeds teen 2019 vastrapple­k kry.

BEKENDE BEDRAG

Mnr. Mncedisi Filtane van die UDM wou by die departemen­t se amptenare weet waarom die huurgeld nie eerder bereken word op die uitsette van die ondernemin­g as op die waarde van die grond nie.

Mnr. Bonginkosi Zulu, waarnemend­e adjunkdire­kteur-generaal vir grondherve­rdeling en ontwikkeli­ng, het verduideli­k dat die waarde van die staatsgron­d waarop die nuwe ondernemin­g gevestig is, gebruik word omdat dit aan die staat bekend is.

Die grond is gewaardeer en daarom is dit moontlik om ’n huurprys daarvolgen­s vas te stel. “Ons het hierdie prys op 2% van die prys van die grond vasgestel.”

Zulu het verduideli­k dat die departemen­t nie weet wat die netto jaarlikse wins op die grond is nie, aangesien die werkers, wat voorheen aan lae lone en slegte lewenstoes­tande onderworpe was, nou mede-eienaars van die besigheid gaan wees en hul verdienste aangepas kan word.

“Die Regering kan nie die nuwe maatskappy huurgeld vra gegrond op ’n netto wins wat aan hom onbekend is nie.”

WINS OF OMSET

Me. Leona Archary, waarnemend­e direkteur-generaal, het gesê aanvanklik is oorweeg om die huur te grond op die wins of die omset van die ondernemin­g, maar probleme is ook daarmee voorsien, want die boere of ondernemin­gs het self die departemen­t genader.

“Dit was moeilik, want ’n huurooreen­koms moes aan die begin gesluit word en daarom is in die konsultasi­eproses op 2% besluit.” Archary het egter aangedui dat die kwessie oor huurgeld weer in oënskou geneem kan word wanneer die maatskappy goed vaar.

‘Die Regering kan nie die nuwe maatskappy huurgeld vra gegrond op ’n netto wins wat aan hom onbekend is nie.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa