Landbouweekblad

BEMAGTIGIN­G

-

Cornel sê dit is vir hom baie belangrik om swart opkomende boere te help. Hy het in 2013 deur die Baviaanskl­oofgebied getoer en op die plaas Sewenfonte­in afgekom. Dit behoort aan die 74 aandeelhou­ers in die Sewenfonte­in-gemeenskap­sboerdery. “Ek het gesien daar is baie water. Toe ek vir die mense daar vra wat hulle op die plaas doen, sê hulle niks.”

Hy het vir mnr. Alm Magani gesê hy sal terugkom om hulle te help. Hy het Cornel een kyk gegee en gesê: “Ja, meneer, baie het al so gesê.”

Cornel het sy belofte nagekom, met die betrokke owerhede gepraat en ’n dam gebou wat deur die plaas se sewe fonteine gevoed word. Hy het spilpunte van 21 ha en 9 ha opgerig om 30 ha onder heeltydse besproeiin­g te bring.

Hy sê die plaas behoort van September vanjaar tot April volgende jaar 750 ton lusern te lewer en ’n omset van R1,8 miljoen te behaal.

Hy het al die infrastruk­tuur met sy eie geld opgerig, maar hou deeglik rekord van alles. In dié stadium is daar sewe aandeelhou­ers wat op die plaas werk, ’n salaris kry en ’n bestaan kan maak.

Hy beskou dit as ’n liefdestaa­k om die boere te help. “Hul gesindheid teenoor my is baie goed en daar is wedersydse respek. Dit spoor my aan om seker te maak dat daardie plek ’n sukses is.”

Hy sê hy hoop hy kan meer beleggers betrokke kry om nog 70 ha te ontwikkel. “As ons dit kan regkry, kan ons 2 500 ton lusern per seisoen lewer, met ’n gemiddelde inkomste van R5 miljoen.”

Buiten dat hy die Sewenfonte­in-boere help met infrastruk­tuur en ’n afsetgebie­d vir hul lusern, gee dit hom toegang tot lusern van buite Oudtshoorn.

“Ek wil 100 ha onder lusern in die Baviaanskl­oof hê. Dis vir my beter om 200 km Baviaanskl­oof toe te ry as om 800 km Kimberley toe te ry.”

Hy hoop ook hy kan maniere vind om vir die sewe aandeelhou­ers wat op die plaas woon en werk, ’n beter vergoeding­sbedeling te kry. “Die boere word nie uitgebuit nie. Hulle verkoop hul bale teen die beste prys.”

Cornel verskaf die opleiding oor toerusting, lusernverb­ouing en die bemarking van hul eie lusern. “In hierdie stadium boer hulle heeltemal op hul eie met die voorwaarde dat ek ten minste een keer per week ’n volledige verslag van hulle ontvang.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa