Landbouweekblad

WÊRELD SE APTYT VIR HERNIEUBAR­E ENERGIE NOG LANK NIE OP

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

Die wêreldwye neiging om weg te beweeg van fossielbra­ndstowwe na hernieubar­e energie om elektrisit­eit, verhitting en verkoeling, asook vervoer te verskaf, neem toe. Vanjaar se uitgawe van die REN21 Renewables Global Status Report wys daarop dat ’n rekordgeta­l nuwe hernieubar­e-energieste­lsels wêreldwyd opgerig is. Dit gaan gepaard met ’n daling in internasio­nale energiepry­se en ’n ontkoppeli­ng van ekonomiese groei en energie-gebaseerde koolstofdi­oksiedvrys­tellings.

Die verslag wys daarop dat die pryse van fossielbra­ndstowwe, soos steenkool, verlede jaar laag gebly het, terwyl die pryse van ’n aantal hernieubar­e-energieteg­nologieë, soos sonkrag en windkrag, drasties gedaal het. Luidens die verslaghet­diewêrelds­eenergiebe­hoeftesede­rt 2011 teen ’n jaarlikse gemiddelde koers van 1,8% bly groei. Die primêre groei in die vraag na energie het grootliks in ontwikkele­nde ekonomieë plaasgevin­d, terwyl ontwikkeld­e lande se vraag verlangsaa­m of selfs gedaal het.

Wêreldwye energie-verwante vrystellin­g van koolstofdi­oksied weens fossielbra­ndstowwe het die afgelope drie jaar met slegs 0,2% toegeneem, wat ’n bewys is van die internasio­nale neiging om weg te beweeg van fossielbra­ndstowwe om energie te verskaf, maar ook wys dat kragopwekk­ing deur hernieubar­e-energiebro­nne besig is om toe te neem. Hernieubar­e energie verskaf sedert 2015 sowat 19,3% van die wêreld se finale energiever­bruik. Daarvan dra biomassa, wat hoofsaakli­k vir kookdoelei­ndes en verhitting in platteland­se gebiede gebruik word, sowat 9,1% by, terwyl moderne hernieubar­e tegnologie se aandeel tot 10,2% toegeneem het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa