30 JAAR GELEDE SUIDWESTERS GELOUTER TOT SELFSTANDIGHEID
Uit: Landbouweekblad, 14 en 28 Augustus 1987
Gelouter deur politieke onsekerheid, droogte en swak produktepryse in die afgelope jare en danksy ’n nuwe benadering waarin selfstandigheid en bodembewaring voorrang kry, het Suidwes-Afrika (Namibië) se boere ’n stewige landboubedryf tot stand gebring, lui ’n artikel in LBW.
Toe die politieke veranderinge ’n dekade of wat gelede begin het, was daar groot onsekerheid in die landbou. In dié tyd was daar ernstige droogte, die prys van Karakoelpelse het tot onder produksiekoste gedaal en vleispryse was laag.
In die krisistyd van 1981-’84 is boere met ’n subsidiestelsel en langtermynlenings gehelp, anders sou baie van hulle ondergegaan het.
Danksy dié reëlings was die boere nie met té groot korttermynverpligtinge opgesaal toe die reën gekom het nie. Dit het hulle herstelkans gebied. Vir die meeste boere is langtermynlenings waarmee hulle hulself kan help, ’n aanvaarbaarder uitweg as subsidies.
Hulle besef die noodsaaklikheid van veld- en grondbewaring. Die veestapel is nog net die helfte van die weiveld se berekende drakrag, en die weiding is aan die herstel.
Verswakte veld weens indringerbosse gaan verbeter word. Al hoe meer boere besef die waarde van goeie grasweiding en word as’t ware grasboere.
weer werk vir mense wees, droogtehulp sal nie weer nodig wees nie en die boere sal weer belasting kan betaal. Dit kan net ’n wen-wen-situasie wees.
Helaas, met die huidige Regering sal dit nooit ’n werklikheid word nie. Hy wil eerder probleme oplos met ’n belaglike plan van een huisgesin, een hektaar en twee beeste.