Graan só goed, silo’s vra vir nog!
’n Boer van Mpumalanga het al die jare nog net geel mielies geplant. Die afgelope seisoen het hy egter sy hand aan wit mielies ook gewaag en groot sukses behaal.
Op sy drie plase naby Ermelo in Mpumalanga boer mnr. Nico Roodt met Brangusbeeste en op droëland met mielies en sojabone. “In die winter bewei die beeste die oesreste, want dit is baie duur om hooi alleen te voer. Mielies en beeste se pryse vul mekaar aan en bring stabiliteit in die boerdery,” sê hy.
PAN 4A-111
Nico het besluit om nou ook wit mielies te plant. “Ek het agter die mark aan geplant om die voordeel van die goeie prys te kry.”
Mnr. Riaan Jacobs, Pan nar se verkoop sverteenwoordiger in die Ermelo-omgewing, sê boere plant tradisioneel meer geel mielies by Ermelo. Dit was dus vir albei partye ’n proeflopie.
Nico het die wit mieliebaster PAN 4A-111 en die geel mieliebasters BG 3492B en BG 3792BR aangeplant. Hy sê sy plase val binne die misgordel, wat dikwels graadprobleme met wit mielies veroorsaak.
“Met PAN 4A-111 het ons glad nie graadprobleme gehad nie. Trouens, die graad was só goed dat die silo’s gevra het of ons nie nog graan van dié baster beskikbaar het nie,” sê Nico trots.
BG 3492B EN BG 3792BR
Wanneer Nico ’n mieliebaster kies, soos enige ander boer, is veral die potensiële opbrengs belangrik.
“Ek hou ook van vinnige groeiers, want in dié omgewing word ons gereeld deur brandgevaar in die gesig gestaar. BG 3492B en BG 3792BR is albei ultravinnige groeiers. Ons is derhalwe minder blootgestel aan wegholbrande tydens die droër maande.
“Die wit én geel mielies het goeie materiaalmassa wat die voerbronne aanvul met goeie oesreste. Ons pas minimum bewerkings praktyke toe en die bykomende plantmateriaal lewer goeie grondbedekking. Dié seisoen het al drie mieliebasters vir goeie graangehalte en skepelgewig gesorg.
“Die BG-basters het selfs tydens die droogte ’n stabiele opbrengs gelewer. In die afgelope vier jaar dat ek hierdie twee basters plant, is die opbrengs elke keer ongeveer 10 t/ha.”
GEWASBESKERMING
Nico gebruik Pan nar se Y i el d Boos t ®- swamdoder spuitprogram .“Ek het A ba c u s-swamdoder (reg.nr. L 8048, Wet 36 van 1947) op die vyf- tot agtblaarstadium gespuit en dit sowat 21 tot 28 dae later met Duett Ultra (reg.nr. L5791) opgevolg.”
Nico is oortuig daarvan hy kry ’n beter opbrengs deur swamdoders te spuit soos die Y i el d Boos t ®- swamdoder spuitprogram aanbeveel. Hoewel die primêre doel van so ’n program die bekamping van siektes is om hoër opbrengste te verseker, bly sulke behandelde plante gewoonlik vir ’n langer tydperk groen en gesond. Dit is voordelig vir die staanvermoë en graangehalte van die oes.
Presisie boerdery is deel van Ni c os e bestuursplan. Hy pas presisie kalktoediening toe, asook grond regstellings deur kalium( K) en fosfor (P) op ’n soortgelyke wyse toe te dien. Nico sê hy spaar geld sedert hy kalk met presies i e praktyke strooi.
Die afgelope seisoen het hy ook grondontledings en blaarontledings gedoen.
GRONDBEWERKING
Nico gebruik konvensionele én minimumbewerking. Hy plant op droëland. Hy pas wisselbou toe op ’n driejaarstelsel – twee jaar mielies en een jaar sojabone.
Nico gebruik twee keer ná mekaar ’n tandwerktuig op die lande waar hy konvensionele bewerking toepas .’ n Beitel ploeg bewerking word opgevolg deur’ n Kon skilde Vibrotillwerktuig om die saadbedding gelykte maak.
Nico dien 300 kg 13:7:10 (30) NPK-kunsmis en 0,5% sink (Zn), 5% swael (S), en 3% kalsium (Ca) tydens planttyd toe. Vir topbemesting bemes hy twee keer met 200 kg 10:1:2 (31) NPK-kunsmis.