Nuwe swamdoder vir suikerriet en mielies
Arysta LifeScience bied ’n volledige stel gewasoplossings vir boere wat vanaf plant tot oes strek. ’n Nuwe produk vir die komende seisoen word nou bekend gestel.
Arysta LifeScience is ’n baanbreker met vernuwende gewasoplossings. Sy uitstekende geïntegreerde portefeulje sluit biologiese en chemiese oplossings in. Dit behels saadbehandelings, swamdoders, onkruiddoders, insekdoders en biologiese middels.
Arysta stel nou met trots ’n nuwe produk vir die komende seisoen bekend. Evito® T (reg. nr. L10167, Wet 36 van 1947) is die nuutste hoëprestasie-swamdoder vir mielies en suikerriet.
EVITO® T
Hierdie produk is ’n sistemiese suspensiekonsentraat-swamdoder. Dit bestaan uit twee komplementêre aktiewe bestanddele, naamlik fluoksastrobien en tebukonasool.
Fluoksastrobien is ’n nuwe generasie strobilurien-swamdoder wat deur Arysta ontwikkel is. Die middel is geskik vir gebruik op verskeie gewasse in verskillende geografiese gebiede. Dit is ’n veeldoelige breëspektrumswamdoder, met vinnige opname en verspreiding deur die plant danksy gunstige reënvastheid.
Fluoksastrobien dien primêr as ’n beskermende swamdoder met ’n goeie nawerking. Die aktiewe bestanddeel het ook kuratiewe eienskappe.
Tebukonasool is ’n breëspektrum-triasoolswamdoder wat vir verskeie gewasse geskik is. Een van sy kenmerke is hoë doeltreffendheid en ’n verlengde nawerking danksy sistemiese opname en verspreiding in die plant. Die voordele van die kombinasie van fluoksastrobien en tebukonasool verhoog die buigsaamheid van die toediening.
Gebruik dit as ’n blaarbespuiting, ’n toediening in die plantvoor, ’n grondbespuiting en ’n saadbehandeling. Die risiko van weerstand word beperk omdat die middels verskillende metodes van werking het.
Evito® T is hoofsaaklik ’n voorkomende swamdoder en het uitstekende residuele en kuratiewe eienskappe.
TEGNOLOGIE
Evito® T word onderskei deur sy unieke Xylem Pro Technology™. Die tegnologie verwys na die ontwerp van fluoksastrobien om ’n optimale balans tussen lipied- en wateroplosbaarheid te verseker.
Die spoedige opname deur die kutikula, verspreiding deur die plant en residuele werking sal dan daarop volg.
Die voordelige werking van fluoksastrobien het sy oorsprong in residu wat in die blaarweefsel opgeberg word.
Dit verskaf goeie werking in verskeie omgewingstoestande. Fluoksastrobien is bekend om sy uitstekende sistemiese beweging in die plant, vinnige opname en eweredige verspreiding deur die behandelde blare. Dit vorm ’n beskermde laag teen swaminfeksies op die blaar.
Strobilien, soos die meeste sistemiese swamdoders, is bekend om sy opwaartse beweging in die plant. Dit beteken die beweging van die aktiewe bestanddeel is in dieselfde rigting as watervloei binne die xileem. Dit is in teenstelling met die afwaartse beweging waar landbouchemiese middels, soos sekere onkruiddoders, afwaarts beweeg in die floëem van die plant.
VERBETER OPBRENGS
Evito® T hou verskeie plantgesondheidsvoordele in. Dit het konstant verbeterde opbrengs, gehalte en graanvul tot gevolg.
Evito® T beïnvloed sekere fisiologiese prosesse binne die plant, soos: Verhoogde doeltreffendheid van koolstofopname; Verhoogde stikstofvaslegging; Verminderde etileenproduksie; en Verbeterde waterbenutting en doeltreffender opname en gebruik van voedingstowwe. ’n Vergroeningseffek word waargeneem saam met ’n verlengde rypwordingstydperk.
Dit verleng die graanvultydperk, verbeter die gewas se verdraagsaamheid vir ongunstige toestande, en verbeter die optimale opbrengspotensiaal.
Verskeie grootskaalse demonstrasieproewe is die afgelope seisoen in verskillende streke uitgevoer.
Evito® T het deurlopend beter gepresteer in die bekamping van siektes vergeleke met die standaard-swamdoderprogram. Evito® T is ’n hoogs gevorderde en sistemiese strobilurien wat die plant vinnig binnedring. Dit lewer goeie residuele werking met betroubare resultate. Gevolglik kry jy meer beskerming teen siektes en meer algehele swamdoderdoeltreffendheid.
Dit bied jou gemoedsrus en verseker waarde vir jou geld.
Dié eienskappe, saam met die voordele van verbeterde plantgesondheid, het ook gelei tot die verhoging in opbrengste wat in demonstrasieproewe waargeneem is (sien die FOTO ).
VERNUWING
Arysta LifeScience is verbind tot die voortgesette ontwikkeling van Evito® T by verskeie gewasse. Dié produk is net nog ’n voorbeeld van Arysta LifeScience se vernuwende oplossings wat sy belofte van uitnemendheid aan kliënte benadruk. .