Slim praktyke beperk risiko’s
Boere sal die afgelope somergraanproduksietyd vir die rekordoeste onthou, maar ook vir die hoë insetkoste. Winsgewendheid is derhalwe ’n groot bekommernis in 2017-’18.
Agri Technovation en Laeveld Agrochem bied aan boere die geleentheid om hul risiko’s te bestuur deur besluite te neem wat op wetenskaplike, verifieerbare en akkurate data gegrond is. Deur ’n presisie-ingesteldheid met doeltreffende bemestingspraktyke en plantdigtheid te integreer, kan boere in die komende pro- hul risiko verminder.
BEMES VIR SUKSES
’n Bank van wetenskaplike en plaasspesifieke data word opgebou deur praktyke, soos grondklassifikasie en grondchemiese ontledings. Sodoende kan boere op die regte tyd en in die regte verhoudings bemes.
Die twee groeistadiums, naamlik vegetatiewe groei en repro- duktiewe groei, is belangrike faktore tydens die bemesting van somergrane.
Die meeste somergrane groei eers vegetatief uit en gaan dan oor na die reproduktiewe fase. Ander somergrane, soos sojabone, groei op dieselfde tyd vegetatief en reproduktief. Boere moet versigtig wees om met sulke gewasse nie die een soort groei bo die ander te bevorder nie.
Die onderskeie fases se belangrikste voedingselemente is: Vegetatiewe fase: Stikstof (N), fosfaat (P), kalsium (Ca), magduksietyd
nesium (Mg) en sink (Zn). Reproduktiewe fase: Blomfase: Kalium (K), boor (B), molibdeen (Mo) en sink (Zn). Graanvulfase: Kalium (K), stikstof (N), magnesium (Mg) en swael (S). Dit is herhaaldelik bewys dat die boer spesifieke tekorte moet behandel om ’n verhoging in opbrengste te bereik. Daarom het Agri Technovation gespesialiseerde blaarvoedingsprodukte ontwikkel om boere se unieke gewastekorte te hanteer.
Met produkte, soos Zn-toPerform™, Mg-to-Perform™, B-to-Perform™, Flower Power™, Gatskop™, Soya-to-Grow™ en Flamma™, kan boere gerus wees dat hulle vir sukses bemes.
KOSTEDOELTREFFEND
Stygende insetkoste, onseker marktoestande en verskeie potensiële risiko’s in die groeityd plaas boere onder druk. Om dié redes is die gevaarlikste benadering vir die komende somergraan-produksietyd om risiko’s in silo’s te probeer bestuur. Net een verkeerde besluit of bestuurspraktyk kan ’n boerdery se winsgewendheid kniehalter.
’n Holistiese benadering tot bemestingspraktyke skep gelukkig ’n voordelige effek.
Insette word op ’n kostedoeltreffende manier aangekoop, bemesting en saad word volgens grondpotensiaal gebruik en derhalwe word die boerdery op ’n volhoubare, winsgewende manier bestuur.