BESPROEIING MET MIN WATER
In die lig van die droogte en moontlike verdere waterbeperkings moet boere in die Wes, Oos, Suid en NoordKaap hul besproeiingsopsies nog fyner beplan. Mnr. Deon van Staden, ’n besproeiingsontwerper van Die Kooperasie, gee die volgende wenke:
■ Herstel alle lekke self, al is dit
net ’n pyp of kraan wat drup.
■ Vervang spuitkoppe. Koper moet elke jaar vervang word. Plastiekkoppe moet minstens elke vier jaar vervang word.
■ Besproei in die nag, want die
verdamping is dan minder.
Moenie besproei wanneer sterk winde waai nie.
■ Skoffel tussen boorde vir onkruid, want dit is groot waterverbruikers.
■ Moenie oorbesproei nie. Water wat verby die wortels is, is weg.
■ Water moet eweredig toegedien word. Op sekere plekke moet daar nie te veel en ander weer nie te min water toegedien word nie.
■ Ken jou plant (worteldiepte, gewasfaktor, ens.).
■ Toets die grondvog met ’n steekyster.
■ By boorde moet water by die druparea gegee word waar die meeste, gesonde wortels is en nie teen die stam nie.
■ Gooi boombas, skaafsels, droë gras of kompos om uitdroging deur die son te laat voorkom.
■ Snoei bome terug en pluk klein vruggies af in tye van erge droogtes.
■ Plaas boorde onder nette en
bespaar só tot 20% water.
■ In erge droogte moet water in die beste boorde toegedien en ander boorde dormant gelaat word.
■ Beweeg self meer gereeld deur die boorde en moenie op die tegnologie alleen staatmaak nie. Dan alleen kan beter besluite geneem word.