Landbouweekblad

WAG ’N INPLOFFING OP SUID-AFRIKA?

-

Ons het onlangs die Messumkrat­er in Namibië besoek. Daar is aan ons vertel dat die (vulkaniese) krater sy ontstaan deur ’n inploffing gehad het en nie deur ’n uitbarstin­g nie.

Dit het my laat wonder of daar nie vir Suid-Afrika ook ’n inploffing voorlê nie. Want as ons nugter na die situasie in die land kyk, lyk ’n totale inploffing onvermydel­ik.

Sedert 1994 het die huidige Regering toegelaat dat die land stelselmat­ig afgebreek word tot rommelstat­us. Staatsdepa­rte-

mente verkeer in ’n chaos. Sommige bestaan nog net in naam en lewer geen of uiters swak diens. Baie plaaslike regerings weet nie wat die woord “diens” beteken nie, skuld miljarde rande en honderde rioolwerke onder hul beheer funksionee­r nie meer nie.

Die miljarde rande wat aan grondhervo­rming bestee is, het net daartoe bygedra dat honderde produktiew­e plase verwoes is. Landboupro­jekte wat aangepak is, het totaal misluk en niemand het titelaktes gekry vir die duisende hektare grond wat vir opkomende boere verkry is nie. Daar word steeds voortgegaa­n met die verkryging van grond vir hervorming en die verdere vernietigi­ng van produktiew­e plase.

Ek dink nie dit is nodig dat ek skryf oor die SAUK, Eskom, Denel, die SAA, die Spoorweë en Suid-Afrika se brandstof- en mynbedryf nie. Dit was trotse staatsinst­ellings, maar vandag is hulle ’n meulsteen om die belastingb­etaler se nek – verwoes deur korrupsie, selfverryk­ing en totale wanbestedi­ng.

Dan is daar nog die onderwysst­elsel en opleidings­instelling­s wat ook al hoe swakker word. Die opleiding van die land se mense is geen voorrangsa­ak vir die Regering nie, al sê hy wat.

Daar is geen ekonomiese groei nie en Suid-Afrika gaan nie maklik op ’n groeipad kom nie. Daarvoor sorg die Regering met sy arbeidswet­gewing en belastings­telsel.

Nou het die Regering boonop groot planne vir radikale ekonomiese transforma­sie – die kaders moet nou in beheer van die land se ekonomie kom. Staatskapi­ng, selfverryk­ing, korrupsie en totale onbevoegdh­eid het al byna die land vernietig en nou wil hy dieselfde met die ekonomie doen.

Dit is kortliks wat besig is om in die land te gebeur. En boonop is dit ’n land waarvan die bevolking byna 60 miljoen is, waarvan 30 miljoen mense onder die broodlyn lewe.

Daar is ook allerlei verwagting­s by die mense geskep wat nooit ’n werklikhei­d sal word nie. Mense word met All Pay

gepaai, maar die land is al klaar op die rand van bankrotska­p. Die dag kom vinnig nader dat die geld gaan op wees, en dán is daar chaos. Dit kan die lont wees wat die inploffing kan aktiveer.

Is daar ’n oplossing, of gaan ons almal maar Gods water oor Gods akker laat loop en wag vir ’n wonderwerk?

Werklooshe­id neem toe, instroming na stede en dorpe neem toe, plakkerska­mpe raak ál groter, misdaad neem toe en die druk raak al hoe erger. ’n Mens kan sonder ’n huis oorleef, maar niemand kan sonder kos oorleef nie en niemand gaan vrywillig sterf van honger nie. Alarmstels­els en hoër mure om ons huise, elektronie­se hekke by plaasingan­ge en lemmetjies­draadheini­ngs om ons plase en ondernemin­gs gaan ook nie help nie. Die Franse het eeue gelede ook so gedink, en toe tref die bestorming van die Bastille hulle.

Die huidige Regering is nie en kan nie die oplossing wees nie. Géén regering kan ’n oplossing bied voor daar nie ’n radikale gesindheid­sveranderi­ng by Suid-Afrikaners plaasvind nie.

Die oplossing vir hierdie land se probleme is te vinde in die gesprek wat Jesus Christus met die ryk, jong man gehad het. Die jong man het Jesus gevra wat hy moet doen om eendag hemel toe te gaan. Jesus sê toe vir hom hy moet van ál sy aardse besittings ontslae raak, sy kruis opneem en hom volg.

Wat is hierdie kruis waarvan Jesus praat? Dit is die groot gebod, naamlik “jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en verstand en met alles in jou, en jou naaste soos jouself”.

Jesus sê ook vir ons as ons dit doen, sal Hy vir ons sorg en dat ons hier op aarde in oorvloed sal lewe en niks sal hê om ons oor te bekommer nie. Dan wag die groot prys, naamlik die ewige lewe, ook nog op ons.

As ons hierdie pad begin loop, sal ons ook terugkeer na die regte grondslag waarop ’n gemeenskap volhoubaar gebou kan word – opregtheid, eerlikheid, respek, agting, betroubaar­heid, openlikhei­d en liefde. Dit gaan ’n pynlike pad wees en die land se mense sal groot opoffering­s moet maak. Gemeenskap­pe sal bymekaar moet kom.

Niemand kan uitgesluit word nie. Alles sal op die tafel geplaas moet word. Die verlede sal agtergelaa­t moet word. Dit sal nie ’n plek vir eise wees nie, maar ’n plek waar elke mens moet kom met dit wat hy kan bydra om die gemeenskap te versterk en tot voorspoed kan lei. Daar sal ook nie plek wees kleinlike rassisme nie.

Eerlikheid en opregtheid sal die wagwoord moet wees. Diegene met kapitaal sal die geld moet voorsien, grondeiena­ars die grond, die kundiges sal hul kundigheid op die tafel moet kom plaas en die swak opgeleides sal hul arbeid moet kom aanbied om gemeenskap­sprojekte tot stand te bring sodat mense nie honger gaan slaap nie.

As dit nie gebeur nie, gaan die 30 miljoen mense (en hul getalle neem daagliks toe weens die redes wat vroeër genoem is) wat onder die broodlyn leef, Suid-Afrika vernietig, want hulle het niks om te verloor nie. Dit gaan dinge baie pynliker vir almal maak. Vir die rykes wat aan hul aardse goed vasklou én vir die armes.

Die keuse is die land se mense s’n om nou die opoffering­s te maak en deur ons hemelse Vader beloon te word of om vas te klou aan wêreldse goed en die gevaar te loop om alles te verloor.

Die tyd raak min. PETRUS ROUX Villiersdo­rp

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa